Friday, November 9

SA Business Council golfdag

Met Eddie se rondhardloop en rondreis kry hy seker nie so baie tyd op die golfbaan soos wat hy sou wou hê nie, dus was die South African Business Council golfdag 'n goeie geleentheid om sy voorgee van "geen golf" af te bring na "bietjie golf".


Die dag is deur die South African Business Council in Dubai gereel.

En dit was gehou by die Arabian Ranches golfbaan in Dubai. Hier is die klubhuis..

Die hoofborg was Standard Bank (nee ek kry nie iets om die naam te noem nie) en klomp ander oa. Murray & Roberts, Safmamrine en Alec. Met vanne soos Smith, Fourie, Jordaan, Snyman, Le Grange, Bruwer, van Wyk, Visagie en Coetzee weet mens ook waar die meeste van die deelnemers vandaan is.Die karretjies is gereed vir die begin van die toernooi.




Die manne op een van die putjies met die klubhuis op die agtergrond. Mooi groen vir 'n woestyn ne?
Eddie vat 'n breuk om bietjie die sand en/of sweet af te vee en laat val sommer die kamera in die sandkuil wat beteken dat daar geen verdere foto's van die toernooi is nie. Kyk op die agtergrond van die huise wat by die golfbaan gebou is.

Hulle span het toe nie so sleg gevaar nie klink dit vir my. Maar dan is 'n golfspeler baie soos 'n visserman waarvan die groot vis altyd weggekom het..... Uitstekende bofhou, naderhou was perfek maar toe spring die sandkuil voor my in, of bome kom in die pad en as dit nie daarvoor was nie, het ek baansyfer aangeteken. :-)

2 comments:

Anonymous said...

Lyk my as ek kyk na die foto langs die sand so dit nogal 'n sanderige golfdag gewees het al was daar baie gras. En ek dink as sekere mense soos nog altyd die kamera try balanseer op als om fotos te neem, sal dit nogal af'doneer'. Verskoon my frans

Anonymous said...

Het mooi gespeel, 3 afslane moes tel en het een moe......baie lang put ingeslaan. Ons was 4de, ander ouens het 24 voorgee opgegee, ek het van 18 af gespeel.