Wednesday, November 7

Die sokkerseisoen begin

Die volleyball seisoen is nou amptelik twee dae verby en gistermiddag het Nelmari alweer haar eerste sokkerwedstryd teen Al Khubaira gespeel. Verlede jaar het die spannetjie maar gesukkel en vanjaar is hulle sonder een van hulle groot sterre, maar ons het hoop dat dit 'n goeie seisoen vir die JV Sokkerlions gaan wees.Hier is die meisies besig om op te warm voor die wedstryd. Seuns dink julle nie die sokkerveld lyk vanjaar bietjie beter nie? Die JV dogters se afrigter vanjaar is Sandy Campbell en 'n Britse vrou met 'n SA paspoort. (Sy verstaan so 'n woord of twee Afrikaans want sy is met 'n SAfrikaner getroud)Die meisies luister na hulle eerste spanpraatjie van die seisoen. Nelmari is nr 25 en die "kort" speler op die heel regterkant van die foto :-).
Hulle skree hulle kreet en reg vir die eerste wedstryd. Die juffrou verdwyn tussen die kinders terwyl nr. 25 omtrent bo-oor almal kan leun..Teen 'n span wat al 3 maande oefen en ons kinders wat eers gevolleyball het en darem een oefening ingekry het, doen hulle nie te sleg nie en verloor 1 - 0. Daar is 4 Suid-Afrikaanse meisies in die span en sodra die afrigter sien dat hulle al vier moet saamspeel, sal daar gewen word.


GO LIONS!!

2 comments:

Anonymous said...

Die frustrasie, o die frustrasie!

Ek verstaan dat dit die eerste wedstryd is, dat die kinders sal verbeter en dat almal hard probeer, maar die afrigters het duidelik so 'n geheime "gameplan" hulle deel dit nie eers met die span nie!

Die Suid Afrikaners speel hul harte uit, en die #4 (wat soos 'n Sub A uit SA lyk) is 'n derduiwel, maar aai o my swak hart!

Anonymous said...

Ek moet se die veld lyk darem ordentelik. Beter as van die velde wat ek al sokker op gespeel het. Sal maar bietjie fotos aanstuur van my sokker