



Daar is wateraflewering so mens hoef nie te kommer oor die drinkbaarheid van die kraanwater nie.Hierdie ouens het baie gekoop en hulle is oppad huistoe. Sal mens dit 'n sinkende trok noem?
Die ondersteuners is ook reg!
Baie Geluk met jou Verjaarsdag!
Ons hoop dat vandag 'n baie mooi
en spesiale dag sal wees!!
Liefde Die Holloways
Die tuine rondom die kompleks met baie plante wat ons by die huis ook ken
Die eenheid het 'n swembad wat blykbaar kan instaan vir 'n oggend stort as daar nie water is nie. Blykbaar het dit in die vier dae wat Eddie daar was 'n paar keer gebeur - dis nou geen water en nie noodwendig swem nie.
Troeteldiertjies ook sou 'n mens so iets wil hêWat die werkdeel betref. As jy vir 'n telekommunikasiemaatskappy werk, dan gee sulke drade jou nie regtig goeie hoop nie ne. Wat sou hy hier probeer uitdink?
Die strate is geteer so daar behoort nie 'n probleem te wees nie? Maar soos orals in SA en hier in die UAE is verkeersknope ook standaard. Hierdie is die pad lughawe toe. Ek vermoed mens boek nie twee uur voor die tyd in nie, mens maak dit 'n daguitstappie
Hierdie foto het 'n storie. As mens oor die brug ry, sien jy die rivier wat onder deur loop ... en as jy mooi kyk sal jy sien dis vullissakke wat daar lê. Blykbaar word die ou rivierloop as 'n stortingsterrein gebruik. Kan jy dink hoe dit ruik en erger nog, wat as die rivier weer eendag afkom?
Al lyk die land arm, is daar baie ontwikkeling en geld
'n Mooi seeprentjie. Lyk asof hulle see net so dood is soos Abu Dhabi se see.
Volgende keer wys ek julle foto's van shopping in Nigerie
Die meisies het baie meer aanvallende gespeel en hulle eerste oorwinning van die seisoen gehad. Hulle klomp Al Nahda 2 - 1!!!Altyd 'n lekker spanpraatjie as die span voorloop en goed speel. Baie geluk Lions dit was baie goed!!
En Donderdag was dit 'n wedstryd teen Al Khubaira. Hulle speel op Khubaira se veld wat 'n "mat" is en die meisies het al hulle dae om te keer dat die bal te vinnig rol. Maar hulle speel baie goed en boer in Khubaira se gebied. 'n Paar amper pogings maar omdat die bal vinniger as die spelers rol wen die doelwagter elke keer.
Veertig spanne het ingeskryf. Dis was darem nie alles ernstig nie en hierdie span Airplex se vlugtuig was 'n enorme Obelix. Natuurlik was hulle vaart nie so lank weens die gewig nie.