Showing posts with label Leane. Show all posts
Showing posts with label Leane. Show all posts

Monday, April 16

Bietjie van ou Dubai

Om te weet waar jy vandaan kom is belangrik.  Ek het al heelwat keer geskryf oor hoe die land nog jonk is in geskiedenis en die restorasie van geboue begin nou eers belangrik vir hulle word.  Een van die min museums in die land, wat ons jare terug besoek het, was die een in Dubai en toe die Abu Dhabi kinders zoontje gaan,  is die opdrag van neem foto’s gegee.
DSC01443
Die Al Fahidi fort met torings op drie van die vier hoeke is langs een van die ou stadsmuren en langs een van die mure, staan 'n groot dhow (tradisionele boot).
DSC01445
Die hoofingang word gewaak deur twee ou kanonne.  In die museum self word verskillende histories tydperke van die land se geskiedenis uitgebeeld en verbal van die pre-olie era.

DSC01446
In die era het bote 'n baie groot rol gespeel met die uithaal van perels wat die land se inkomste was.

DSC01447
Die fort is in verskillende fases gebou met die oudste toring wat rondom 1787 gebou is en die oudste gebou in Dubai is wat nog bestaan. Die fort het 'n groot rol gespeel om die "land" te beskerm tydens aanvalle van ander "lande" soos oa Abu Dhabi. Later jare het van die heersers hier gebly en dit was op 'n stadium ook 'n tronk.  



DSC01448
Markte en winkels waar hulle kruie en materiale verkoop word in die museum uitgebeeld.
DSC01453

Tonele soos hierdie is volop in die fort.  Hier sien mens van die vissermanne besig om nette reg te maak.
DSC01449

Kamele speel 'n groot rol in die geskiedenis.  Die ou op die linkerkant is nie deel van die uitstalling nie :-).

DSC01452

'n Tipiese toneel waar die manne saamkuier.  Vandag kuier die mans hier in die koffiewinkels.

DSC01455
Daar is ook heelwat argeologiese "finds" gekry tydens opgrawings van historiese "sites" soos Umayyad en Jumeirah en natuurlik sal dit die plek wees waar Leane bietjie kuier.

Hierdie museum is in 1971 amptelik geopen.  Ons moet net ook onthou dat in die tydperk voor dit, was Dubai sy eie land, net soos Abu Dhabi en die ander emirate.  Dis eers toe wat die lande bymekaar gekom het om die Verenigde Arabiese Emirate te stig.

Dankie vir die foto's julle twee!

Friday, July 1

Moord in die huis

Die jaar is regtig op sy einde hier, maar Junie is verjaarsdagmaand vir twee spesiale jongmense. Die "oudste" van die twee Elriza verjaar eerste en het haar "oorblywende" jongmense (dis nou die klomp wat nie alreeds in SA met vakansie is nie) genooi vir 'n Murder-partytjie.

Page1


Saterdag vroeg is die huis soos Casablanca ingerig en alles is rondgeskuif en verander sodat dit by die tema kan pas. Terwyl die meisies aantrek, het James reeds gesuit vir sy rol die "tent" gordyne probeer vasmaak.


Page2


En die jongklomp het almal saamgespeel en so mooi opgedress vir hul karakters.


DSC_0135

Nadat die inleiding gedoen en leidrade gegee is van die moord, het hulle voorgereg gehad.


Page6

En toe is daar ernstig deur die leidrade gewerk en die verdagtes is met vrae gepepper om te sien wie die skuldige oftewel die moordenaar is.


'n Kort breuk vir hoofgereg.


Page7


Daar was nou sommer 'n klomp verdagtes en hulle is deur die ander ondervra om te kyk wie eerste die skuldige kan uitwys.


Page8


Tyd om die kersies dood te blaas en vir die verjaarsdagmeisie te sing.


Page9


Nelmari het die koek vir haar gebak en sommer klomp komplimente gekry vir haar donkersjokolade koek.


DSC_0263


Nadat almal gese het wie hulle dink is die moordenaar het die speurder gese wie die skuldiges is en die een wat reggekies het, was die huilende, emosionele Pia Phedora (Jana).


Page10


Almal het toe kans gekry om te stem vir die karakter wat die beste aangetrek het. Derde plek het gegaan aan Edith Le Grandbutte (Leane), tweede was Otto von Pinkelwurst (Ewert) en eerste was weer Pia!


DSC_0277


'n Lekker aand van pret deur die klomp


Julle in SA geniet die koue en mag die beste span more wen!


Thursday, December 2

Pret en ontdek op die eiland

Tydens die "geskiedenis" waarvan ek in my vorige inskrywing vertel het, het 'n paar van ons jong volwassenes van die vasteland (Abu Dhabi) ook saamgegaan.

DSC_0080

Hier is 'n paar van hulle, agter, Elriza en Stephanie en voor Claudinia, Lore, Leane en James.

DSC_0088

Dis altyd so 'n lekker rustige gevoel as mens begin ry en die bokkies staan so langs die pad. Mens kan jou ampertjies verbeel jy is in die wildtuin - hierdie een is net in die middel van die see.

DSC_0095

Baie uitbreiding op die eiland aan die gang en een van hulle is uitkyktorings waar mens die diere kan sien. Raai net waarna kyk ons?

DSC_0090

Ja, 'n GROOT trop kameelperde. Daar is omtrent 40 van hulle.

DSC_0107

Hierdie groenigheid het hulle aangeplant en binnekort gaan daar luukse hutte opgerig word waar mens kan kom oorbly.

DSC_0173

Die paaie op die eiland vat ons op en af soos 'n rollercoaster.

DSC_0108

Soos julle kan sien geniet die meisies die ryery baie :-). Baie veilige bestuurder .... net die fietsryers wat moet oppas.

Page5_0

Ons het sommer baie diere van alle soorte gesien.






Hierdie volstruis wou baie graag van die blink juwele he en die mense moes sommer hulle kameras ook wegsteek.

DSC_0129

Mens kan nie genoeg kyk na die verskillende kontraste hier nie.

Page3

Hier word daar aan "mirre" geruik.

Page2_0

Die rotse/klippies het Leane heeltemal opgewonde gemaak en sy het hulle mooi afgeneem en 'n paar opgestel en vir ander verduidelik.

Page6

Net so voor ons die boot terug land toe moes neem het ons gou-gou by die hotel gaan tee/koffie drink.

Vandag is Nasionale Dag in die UAE en die land is 'n hele 39 jaar oud. Vir julle wat my blog al lank volg, kan jy dink met al die onwikkeling in slegs 39 jaar gebeur het? Amazing. Ek hoop om so bietjie foto's van die vieringe ook te plaas.

Geniet die laaste bietjie van julle week.



Monday, May 10

Jongmense kuier lekker

So twaalf jaar terug het ons begin met 'n kinderbediening hier in Abu Dhabi omdat daar 'n behoefte was vir ons kinders om iewers in te skakel, saam met SA maats en meer van Jesus te leer. So het die kinders ook groter geword en meer en meer jong volwassenes het hier kom werk en 'n nuwe behoefte ontstaan. Iets vir ons snr tieners en jong volwassenes. Soos altyd is Vader getrou en kon ons vir Elriza kry om hier met die groepie te kom werk. Die ou tannies weet wanneer dit hulle tyd is om terug te staan en agter die skerms te werk want ons kan maak wat ons wil, maar daar is geen manier hoe ons met 'n jong cool pastoor kan meeding nie :-). Nodeloos om te se dat na die eerste maand het hierdie bediening alreeds gegroei in 'n studie groep vir snr tieners, en twee groepe vir jong volwassenes met baie uitreik na ander tussen-in.

Page1_1

Die snr tieners het net so voor die winter regtig inskop bietjie gaan kayak en agterna baie stories te vertelle gehad. Die begin van die oornag-trip en almal is nog vol geesdrif, glimlaggies en skoon.

DSC_0040

Arme ekke want daar gaan hulle en dis sover ek my kamera kan gebruik. Opdragte is gegee van wat en wie hulle moet afneem, maar of hulle dit gaan uitvoer is 'n ander saak ... en op hierdie stadium kan ek niks daaraan doen nie :-).

012_12

Die eiland waar hulle oorgeslaap het. Tente is wel opgeslaan, maar volgens die stories het net die "ouer" drie wel in tente geslaap - die ander het sommer so langs die vuur geplak.

DSCF0202

James en Leane moes saam met Elriza die volwasse toesig wees :-).

DSCF0187

Met die heerlike warm water en Abu Dhabi ver op die agtergrond kon almal lekker laat swem. Ek hoor stories van musical kayaks ens. maar het geen idee hoe hulle dit gespeel het nie. Aandete was heerlike vleisbraai en daar is ook lekker rondom die vuur gesing en gesels.

DSCF0223

Die volgende dag se terugvaar. Kyk net hoe kalm is die oopsee hier en gelukkig windstil, maar dit kom met ander probleme.

036_36

Mens kan sommer in die middel van die see 'n sandbank slaan en dan moet jy jou kayak vir walkies vat tot jy diepwater kry.

. DSCF0233

Swem en kuiertyd net so voor mens weer in die woeste gejaag van die dorp terug is.

017_17

Ek was natuurlik angstig om die foto's terug te kry en hierdie een het my aan die raai gehad. Die "dominee" se klere en kamera aan 'n boomtak by die water ...... waar is sy?


DSC_0055

Moeg (as mens net twee uur geslaap het), taai en vuil aan die einde van 'n suksesvolle uitstappie. Wie dink julle is die blyste dat die vaart verby is? :-)

Lekker week vir julle almal

Monday, April 12

Ek stel voor …. nuwe Mnr en Mev Holloway

Op 31 Maart 2010 vanjaar het die tweetjies die groot stap geneem en ek dink eintlik na al die drama rondom die venue en veranderings, was hulle baie verlig dat alles verby is. Hier's 'n paar foto'tjies.

Page4


Page7


Page5


Page6

Baie, baie geluk James en Leane. Ons bid dat die nuwe tyd in julle lewe net propvol wonderlike ondervindings sal wees. Dat julle huwelik alles is wat ons Hemelse Vader vir julle wil .... en ek weet dis net die mooiste ~ geniet dit!!