Friday, May 2

'n Vriendin en haar nuwe troeteldiere

Vir maande nou al word daar in spanning gewag vir die nuwe hondjies om van SA af te kom, en eindelik hierdie week was dit sulke tyd. Ek moet by se dat Nelmari self nie meer kon wag nie, mens sou sweer dis haar honde. Taffy en Didi kom veilig na die vlug hier aan en gou-gou wil hulle ma seker maak dat hulle ingeburger en tuis voel. Vir die van julle wat gedink het Charmaine is erg in Marina Mall ..... julle het haar nog nie in 'n troeteldierwinkel gesien nie. (Elriza dis sodat jy kan sien jou ma gaan mooi na die kleintjies kyk en baie bederf.)Wat is dit die keer ..... genugtig die ounooi het altyd 'n verrassing wat sy inbring. Ek sal maar net weer depressief moet raak en 'n allergiese reaksie vir die honde wys, miskien help dit dat ek nog steeds die meeste aandag kry dink Dee. En dan is dit tyd vir die hondewinkel. Lekker sjampoo/badgoed. Gelukkig besef sy gou dat dit seuntjies is en miskien nie heeltemal na lavender wil ruik nie. 'n Pak hondedoeke is ook nodig. Sal een pak genoeg wees?Watter van hierdie bedjies sal die beste wees? Dis 'n moeilike besluit. Op die einde kies sy heeltemal 'n ander een. Heleen herken 'n goeie klient as sy een sien en help bietjie met die harnas en leibandjies soek. Ek moet nog speelgoed en kosbakke kry .... oooo en tande ringe waarin mens grondboontjiebotter smeer vir hulle tandjies. My hande is vol, is hier nie waentjies nie?Kom honnes kom kyk wat het julle ounooi vir julle gekoop. Dis lekker baie speelpgoed, maar hoekom is dit in hierdie mandjie gepak dink Didi? Kom Taffy dat ek vir jou die nuwe harnassie kan aansit. Die hond is bietjie skepties. Lyk ons nie spoggerig nie? Weet nie of sy regtig dink ons gaan hiermee stap nie, maar ons hou dit vir 'n verrassing.Dankie ounooi ons hou van al die goetertjies wat jy vir ons gekoop het. More vra ons nog.... Kyk julle oulike mandjie, sien so moet julle in hom le kry hulle 'n kursus in mandjie slaap.Die nuwe mandjie is baie oulik ounooi, maar ons verkies die skoot dankie. Duidelik nog bietjie vlugvoos ook.Hulle word vir hulle eerste "walkies" in Abu Dhabi geneem en ek sien sommer hier kom moeilikheid. Een van die brakkies is vreeslik "opgepiep" en wil net gedra word en natuurlik gee sy gehoor aan die versoek. Hier gaan hulle hul bene verloor dis verseker. Hulle sit agter in die motor by Nelmari wat heeltemal chuff is met die reeling. (Die arme straatkat weet nie dat haar mamma meer van die hondjies hou nie)

3 comments:

Anonymous said...

Ja, dit is baie lekker om die twee hier te he en baie dankie vir die saam shop en saam stap en saam alles van die twee geniet... dis groot pret. Ek waardeer julle twee so baie. Charmaaine

DJ said...

Haai Tannie, ek sien daai twee hondjies het al vergeet van SA en van my ;-( maar dis oraait, hulle lyk vreeslik gelukkig en my ma ook en ek's bly hulle is nou daar om nog bietjie vreugde vir julle ook te bring. Se vir Nelmari hulle hou van katte, Taffy se grootste maatjie was 'n katjie hier in SA, so sy moet straatkat saamvat vir kuier ;-). Baie groete en liefde.Elriza

Anonymous said...

Maat ons geniet die brakke saam met jou ja en Elriza ek's bevrees hulle voel dalkies dat jy hulle vergeet het, en hulle onmiddelik met nuwe babatjies vervang het.