Saturday, May 17

Nog 'n kuiertjie saam met Emily

So 'n tydjie terug het Emily weer 'n bietjie by my gekuier. Ons het lekker gekuier en sy was die spesifieke dag vol gesels. Hier is 'n paar foto'tjies.

Besig om te speel en alles uitmekaar te haal om te sien hoe dit werk

Dis die regte legkaart stuk en sy is baie in haar skik met haarself

Hier werk sy hard om die vorms en kleure bymekaar te sit
Is dit 'n hoed?
Dalkies 'n kamera of verkyker?
Waar's Emily ....?
... hier's sy!!!

Speel kan ook ernstig wees, hoe kry ek my kop hier deur

Hoop jy kon die foto's aflaai Marina.

3 comments:

Anonymous said...

Haai Sandra
So gou bietjie weer gekyk wat doen julle. Se vir Charmaine sy hoef nie so moedeloos te lyk oor die klein stukke kos nie, seker daar was nog. En toe eet sy maar die foelie ook, lyk my ek is verkeerd daar was nie genoeg kos nie!!Jy sal sommer dat ek weer kom kuier net om na my ouma se (of was dit my ma se) koffieketel in die skool te gaan kyk. dalk moet ek hulle ook se hulle het n waterprobleem in hulle mure. Goed om weer na julle doen en late te kyk. Hier gaan dit maar op drafstap. Ek soek nog werk. Sal moet later uitbrei op al die vewikkelinge. Liefde Annie

Anonymous said...

Lekker om van jou te hoor Annie, vertel bietjie van jou kuiertjies daar in London.
Jy weet mos as ons gaan uiteet, eet ons die minimum of hoe?

Anonymous said...

Haai Annie, Ja sien jy hoe eet ek foelie en klein stukkies kos.. :-( Kry jy my jammer? Dis tyd dat ons weer bietjie 'n update kry oor jou doen en late. Dit word nou weer winter by julle en ek is soooo jammer vir jou. Dalk moet jy maar gou kom kuier, dan kan jy saam souk toe gaan. Daar is baie koffieketels van baie oumas en ma's. Charmaine