Tuesday, November 4
James vir oulaas van Bloem
Saturday, August 16
Besige naweek in Bloem
William het vir die universiteit pluimbal gespeel en met twee van die span se spelers in Beijeng, het dit glad nie goed gegaan met hulle nie.
Daarna was dit die twee boeties se beurt om vir die universiteit se volleybalspan te speel. Natuurlik kla hulle al lank dat die rugbyspanne al die sportgeld kry,
so die vreugde was groot toe hulle die Pukke behoorlik ore aangesit het na min oefening, in die volleybal 5 - 0 ... en die beste van alles was dat die rugbyspan Shimlas verloor het.
Daarna moes James gou hokkieveld toe om te sien hoe sy span doen, maar ongelukkig het hulle verloor. Saturday, August 9
Bietjie nuus van die seuns
Duidelik was die baie eet op vakansie nie Abu Dhabi of ons skuld nie, want hier sien ek hulle alweer met pizza's. Leane drink 'n sterk koeldrank saam met hare. Leanne geluk met jou verjaarsdag vandag! Ons hoop dis 'n wonderlike dag propvol verrassings!!
James voel die koue van Bloemfontein en maak koffie. Ek gaan niks se oor waar hy die handdoek om sy lyf vandaan kry nie.
Hier sit hulle in hulle "ten volle toegeruste" sit/eetkamer, TV kyk en eet. William en Tessa maak hulle self ook warm met koffie. Langs Leane sit haar ma Sue.
Die volgende dag het Eddie hulle weer uitgeneem vir ete. Tessa en William besluit wat hulle gaan eet.
Intussen is die vuil wasgoed wat hulle gelos het terwyl hulle op vakansie gegaan het in sakke gesit en by die wassery gaan ingee. Ek kan dit nie glo nie - seuns julle het teveel klere. Maar terug in Bloemfontein beteken ook terug by die studies, alhoewel ek geen foto's as bewys het nie.
James is al klaar weer besig met die hokkiespan se fiksheidsprogram
terwyl William en Tessa mooi kyk hoe dit gedoen word. Dit lyk maar koud.
William vertel dat hy ook verlede naweek die Vrystaan en Noord-Kaap Skole se kultuurfees gaan bywoon het om Tessa se broer en suster te ondersteun. Johan het eerste geeindig in die gedigte afdeling vir Graad 9 en haar sussie Nellie was tweede met haar gediggie "Oupa Uil" in graad 2. Ek kan nie onthou wanneer laas ek 'n skoolsaal soos dit gesien het nie. Tuesday, May 27
William se verjaarsdag "Dag"
When I woke I was greated by the dog.
The day went by slowly. (Dit lyk koud seun) Me and Tessa watched about 6 movies (seun is dit nie eksamentyd nie?) and then off to farmovs for another blood sample after which I could eat. With James and Leana being sick (altwee op dieselfde tyd met dieselfde siekte .... hoe gebeur dit?), they only asked for KFC which I supplied with a smile, leaving me and Tessa able to enjoy some fish at Ocean Basket (ooo ek's, jaloers). It was a first for her (Kan nie glo sy was nog nie daar nie.) It was nice as always. Thank you mommy and daddy ....
The next day felt more like a birthday when Leana microwaved a cake, thats a first for me. (Ja nee ek sien Leane kry maar net so koud)
I watched ....
and the dog watched ..... (lyk asof hy geproe het ook)
It was really good (specially after I dropped two boxes of smarties in too) and very sweet.
Dankie vir die vertel en foto's seun en baie dankie vir die foto van James wat "studeer" ek sien julle gewoonlik net eet. Sterkte met julle almal se eksamens, sien julle oor min slapies.Saturday, March 29
Wat vang William aan
On the 15 of this month there was a walk for cancer, this was to raise money to help with cancer researce, alot like the Terry Fox run, but instead its a walk from 18:00 till 6:00 the next morning.
I was not suppose to go but thought it was for a good cause. And luckly i did, because my hostle had no one to walk, and i filled in.
In the end i walked for about 8 of the 12 hours and thanks to my phone saw that it was 27.31 km 64 laps around the track, and 33,132 steps. But it was fun and im happy i went.
Alot of students can do with some extra money and there is an product testingplace on campus, where students can go to be test dummys.
And of course i had to go to see what its like. The test i chose was for comparing two pills against each other, so no big risk was involved. I had to sleep there for 2 days on the 13 and one night on the 18.
While there you get breakfast, lunch, and dinner. and all they do is take blood every 30 min. So no big deal... and they pay you of course, R2000 for two days is not bad. The next one i saw is for R45000 and they cut of your small toe and see if they can put it back. What do you think of that one mommy.... (Geen kommentaar)
We went shopping today (the 21) and pick and pay was closed, so instead we went to wimpy.(So bly om te sien julle "eet" darem, al is dit net Spur en Wimpy foto's)
Had a nice breakfast and as usual i had my milk shake. (William gee gewoonlik punte vir goeie en/of slegte melkskommels, kliek op label melkskommels .... maar hierdie keer was dit net 'n foto. Hoe het Wimpy gevaar seun?)
Dan is William ook gekies vir Kovsies se pluimbalspan wat hierdie week in Potchefstroom speel. Ons is trots op jou seun, laat weet hoe dit gegaan het, en dankie vir die foto's en storie. Nou jou beurt James.
Tuesday, March 11
William darem ook nog op kampus

Ek weet nie presies watse koekies dit was nie (ek sien fone en stowe werk nie lekker saam nie), maar volgens hom was dit 'n groot sukses wat daar het niks oorgebly nie en alles is dieselfde dag opgeeet..jpg)
Hier is ook iets gemaak (ek het die foto), maar kan iemand uit Bloem asb verduidelik wat? Ek dink ek herken Marie beskuitjies om mee te begin.
.jpg)
Hy en Leane het ook gaan "rock climbing" doen. Volgens hom het hy net saamgegaan vir morele ondersteuning en dit toe self uitprobeer. (James jy vertrou jou boetie?)
.jpg)
Dit was net na pluimbal oefening en alhoewel die spiere styf was,het hulle drie keer tot bo kon klim. Leane het 'n bietjie langer gevat omdat haar lengte haar bietjie beperk.
Tussendeur reis hulle iewers hierdie maand vir intervarsity vir een van die sportsoorte. Help 'n bietjie met volledige inligting seun. Ek hoop om ook daarvan op hoogte gehou te word. Hier oefen hy saam met sy basketbal span. Dankie vir die foto's en update seun!Monday, March 10
Wat gebeur op kampus?
Daar is egter 'n polisieteenwoordigheid op die kampus. (Ja .... as mens alles moet glo wat jy hoor in die nuus en deesdae op die net dan moes ek al die arme kindertjies laat huis toe kom het.) Wat die "studies" betref klink dit my asof James op die oomblik geniet wat hy doen.
Volgens hom het hy nou begin met sy praktiese ure en is hy ook fiksheidsafrigter vir die 2de dames hokkiespan. (Het die span darem al 'n paar wedstryde gewen seun?) Dan is daar nog die ure by die biokinetika sentrum waar hulle die "high performance" atlete laat oefen en ander fiksheidstoetse.
Dan lyk dit ook asof Sabeeha (ek weet nog steeds nie waar die naam vandaan kom nie) besig is om in die naam in te groei.
Volgens James vat sy nou meer plek ... lyk my die hond geniet al die aandag!! Dankie vir die laat weet hoe dit daar gaan seun.