Dis daai tyd van die jaar by ons wat altyd by die huis gedurende November gebeur. Die afsluiting van goeters en die gejaag om alles vir "oulaas" gedoen en afgehandel te kry. Die skole begin volgende week met eksamen, so alles moet nou "afsluit" en hier verlaat 80% van die westerlinge mos die land gedurende die somervakansie wat 3 maande lank is. (Baie Arabiere besoek ook kouer plekke maar hulle is nou nie deel van ons groepe nie).
Gisteraand was dit die ECC kerk se dankie-se funksie vir almal wat by die kinder en familie bediening betrokke is. Hier staan Charmaine by Adriana wat van een van die Russiese lande af kom.
Gewoonlik word dit by 'n hotel gehou, maar met die nuwe kerk kompleks wat halfpad klaar is, was dit lekker om die funksie daar te he en alles was soveel meer gemakliker. Hier kuier Corine met 'n ander Suid-Afrikaner. Ek moet se dat "ons" mense baie goed verteenwoordig was.
Alhoewel die kos amper alles dieselfde gelyk het (dis 'n indiese/arabiese ding) was dit baie lekker en het ons heerlik geeet en gekuier.
Corine en Charmaine skep kos in ....
terwyl Heleen baie diep dink oor wat sy gaan eet.
Showing posts with label leiers. Show all posts
Showing posts with label leiers. Show all posts
Sunday, May 25
Dankie funksie
Subscribe to:
Posts (Atom)