Sunday, May 4

Ietsie in Sharjah om te gaan kyk

Ek self kom nie so baie in Sharjah nie, maar my eerste "solo" bestuur in die UAE was 'n baie stresvolle rit na die Blou scouk in Sharjah baie baie jare terug. Om dus al die ontwikkeling aan die oorkant van die blou scouk te sien, was vir my 'n nuutjie. Vir julle ouens wat lank laas daar 'n draai gemaak het, dit kan 'n lekker uitstappie wees vir die hele gesin.
'n Besoek aan Sharjah moet dus 'n rit in die "Eye of the Emirates" insluit sodat mens 'n mooi uitsig oor die lagoon, cornish, area en selfs ietsie van Dubai kan he.Die 360 grade "cabins" gee vir jou ' n uitsig wat mens nie gou sal vergeet nie. In die lugverkoelde cabins van die Eye of the Emirates hang jy 60 meter bo Sharjah om ver te kan sien. Die rit is pret vir aller ouderdomme. Hierdie "wiel" wat in die Nederlands ontwerp is, het 42 cabins en kan tot 336 passasiers vervoer. Hierdie is voorwaar een van die toeriste attraksies van die UAE en ek het nogals nie daarvan geweet nie. 'n Deel van die Al Qasba kompleks is 'n besigheidssentrum en die res bestaan uit verskeie ander plekke soos oa 'n verskeidenheid restaurante. Hier is 'n Lebanese, Fish Taverne, Portugese (Nando's nogals), Italiaans, Egiptiese en Indiese restaurante. Mooi uitsig om jou kos te geniet maar dit kan bietjie warm wees in die somer. Daar is ook 'n Kunsgalery waar gereeld allersoorte uitstallings gehou word. 'n 1500vk oppervlakte is vir die uitsluitlike doel gebou en bekende Arabiese kunstenaars se werke is al hier uitgestal. Beplande uitstallings vir die res van die jaar sluit kunstenaars van Frankryk en Italie in. Gedurende Mei maand is dit 'n Braziliaanse uitstalling. En dis nie al nie.... 'n ouditorium vir musiek en drama opvoerings en 'n rolprent teater is ook daar gelee. Van die beplaning vir die res van die jaar sluit in "Opera under the Stars" op 29 Mei
Ontspanning onder die "sterre" is wat hulle ingedagte gehad het met Al Qasba. 'n Plek waar almal kan kuier en ontspan langs die lagoon of selfs op een van die abras (watertaxi's), waar jy kan wegkom van die gejaag van die stad en verkeer en selfs "in die toekoms" kan sien met van hulle uitstallings. Die bootrit gee jou ook 'n mooi uitsig van die mense, stalletjies, brue en uitstallings.
Die dansende waterfontein op die maat van musiek is ook 'n moet vir almal om te sien. Hierdie vertoning is nie net in die aand nie, maar ook gedurende die dag en nie twee van die vertonings is dieselfde nie.
So as die Blou Souk op jou beplanning is en jy mense soontoe wil neem vir inkopies, sit baie ekstra tyd by en maak 'n draai by Al Qasba ook.

1 comment:

Anonymous said...

Wow, dis ongelooflik!! mens het nooit alles in die land gesien nie. Ons sal beslis moet gaan kyk. Charmaine