Met duisende Suid-Afrikaners in die UAE word 'n groot Vryheidsdagfunksie gewoonlik deur die ambassade gereel. Ek dink nie dis vir die Suid-Afrikaners in die eerste plek nie, meestal vir die ambassadeurs ens. van ander lande, maar nogtans ruk baie SAfrikaners op om die funksie by te woon, hoekom nie? Hierdie jaar was dit gehou 28 April by die Beach Rotana Hotel in Abu Dhabi
Van die ere-gaste by die funksie was "All Gold" en "pap" (nie een van die twee waaroor ek my bene sal breek nie, maar baie ander sal)
"Local"kuns (vanaf die huis) is uitgestal. Hierdie was naby die opskep bakkeDie eerste keer dat Nelmari die funksie hier bywoon.Daar is vir die laaste paar "baie" maande geen ambassadeur van ons land in die UAE nie en die ere-gas wat "ingevlieg" het was koning Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu. (Wonder het sy vroue kom shop in Dubai?)Chefs van die huis af wat in beheer van die kosse was.Daar was klomp mense en natuurlik was die hoogtepunt vir almal die kos.Hannelie en Dirk besluit oor watter stukkie vleis hulle sal eet.
Koeksisters en ander SA nageregte was volop. Hier maak die chefs seker alles is reg voor die stormloop.
Die kunstenaars wat vir die aand ingevlieg het, vat 'n ruskansie.
Hier is hulle besig om op te tree vir die gehoor.
Die mense het rustig saamgekuier en geeet. Ek wonder of daar gedink is aan die rede vir die vieringe van die dag, of het dit net gegaan oor die lekker "huiskos" wat mens kon kry?

No comments:
Post a Comment