Friday, May 9

Wa voor die perd span

Ja die gesegte het ons al almal gehoor, maar ek dink nie so baie van ons het dit so gesien nie.'n Ou wat in Dubai woon het besluit om so 'n "Natuurmobiel" te ontwerp.Die resultate is 'n een perdekrag, alle weertoestande voertuig aangedryf deur .... 'n perd. Heeltemal anders as die gewone perdekar wat ons ken is die perd binne die voertuig en is die bestuurder ook onder "afdak". En danksy die ligte raamwerk kan dit blykbaar tot 80 km /h kry alhoewel met die toetsrit dit slegs 20 km/h was. Die ou het 26 maande aan die "voertuig" gebou in sy werkswinkel in Tehran. Nou hoe werk dit? Die perd loop op 'n veselglas treadmill wat genoeg krag genereer om 300 kg te beweeg. Volgens die ontwerper vervaardig dit genoeg surplus krag om 'n klein battery te laai wat die ligte en elektriese goeters laat werk wanneer Neddy "die perd" wil rus. Wanneer die perd se liggaamstempretaruur te hoog raak skakel dit outomaties die treadmill af.Die batterye kan vir Neddy so 20 min van rus gee voordat "perde-krag" weer nodig is. Blykbaar het hy ook 'n groen lig gekry van die dierevereniging dat die perd nie mishandel word nie. Daar is 'n hele lys goed wat hulle moet aan voldoen oa leerskoene vir die perd se voete.
Hy beplan nou 'n wereldtoer om so ook geld in te samel vir sy volgende "motor" 'n 4-perdekrag een wat toeriste kan vervoer. Hoe meer dae hoe meer dinge. Met SA se petrolprys kan dit dalk werk? Dink net hoeveel perde mens vir taxi's gaan nodig he?

3 comments:

Anonymous said...

Wat op die aarde sal die mense nog aan dink..:-)Dink net hoe baie pitstops mens langs die pad sal moet he as die perd eers bietjie moet rus. Dit sal die ratrace in sy spore stop.. waar koop mens so ding?? Charmaine

Anonymous said...

i dont think it will work in sa, the food price is going up too, so it will cost the same. how much does A HORSE EAT?? William

Anonymous said...

'n Rustige pad sal nice wees maat en ja William ek weet 'n perd se kos kan duur wees, hulle eet nie pasta en tuna nie :-). Hoeveel eet daai groen volla?