Wednesday, May 14

Eerste skool in UAE

Gedurende Desember met Annie en Corli se besoek het ek foto's geplaas van 'n museum in Al Ain met oa die eerste skool. (Kliek op Labels Al Ain as julle wil sien) Daardie dag kon ek nie regtig binne die skool kom nie, maar nou het ek bietjie meer inligting. Skool in die UAE het ontstaan selfs voordat hulle 'n nasionale vlag gehad het. Die "Al Eslah School" is in 1925 in Sharjah gestig. Dit was ook die eerste skool wat 'n volle akademiese jaar gedurende 1953/54 met eksamen en sertifikate gehad het. Hierdie skool is in Al Ain se museum herbou. In daardie dae moes die onderwysers nog middagete vir die leerlinge maak (hoofsaaklik rys en vis) voor hulle middagslapie. Terwyl die onnies gekook het, het die studente gewerk om rakke te maak van stokke of hulle het hul swartbord reggekry vir die volgende les.

Die skoolhoof se tafel met ou penne en inkpotte en selfs 'n leertas. Selfs die swart "robe" met die goue randjie hang nog op die stoel.

Die mure is vol van swart en wit foto's van die skool stigter Mohammad Bin Ali Al Mahmoud. In daardie dae kon slegs die ryk ouers hulle kinders skool toe stuur en in 1935 het dit 2 Indian rupees (20 fils vandag) per maand gekos in skoolgelde. (Jinne waar is daai dae nog)

Die klaskamers het hout lessenare en banke gehad en elke lessenaar het plek gehad vir 2 of 3 studente. Ek kan net ook noem dat die skool slegs vir seuns was.

No comments: