Wednesday, May 7

Internasionale aand by skool

Met almal nog opgewonde van die Sokker Festival was ek bietjie skepties oor die Internasionale Aand by die skool, want dit is/was twee groot happe wat die onderwysers/studente afgebyt het. Maar mens wil betrokke wees en mens wil gaan ondersteun.
Die aand is gereel deur die skool se Internasionale Klub. Ek moet noem dat ons skool meer as 40 nasionaliteite onder die kinders het en dit kan nogal 'n Babelse verwarring wees as almal sy/haar eie taal begin praat.
Dit was lekker om te sien hoe die saal volgepak word deur die ouers. Daar was slegs 400 kaartjies beskikbaar en dit was voor die aand reeds uitverkoop. Vir my was die groot ding dat ons weereens mans en vrouens, seuns en dogters saam dit kon bywoon.
'n Seun en meisie saam op die verhoog ....nog ongehoort tot nou. Die kinders het 'n "konsert" aangebied waar liedjies van verskillende lande gesing is. So het ons na oa iets van Kanada, Syria, Koria, Trinidad, USA, Frankryk, Palestina, Yemin, Indie en Suid-Afrika geluister.
Al die Kanadese onderwysers het vir ons ook 'n liedjie gesing. Na die "konsert" was daar 'n modeparade met verskillende lande se klere. Ek het ongelukkig nie foto's daar geneem nie want die ligte het reg in die kamera geskyn, maar wat ek wel gesien het was iets besonders want daar het Arabiese ouers (mans en vrouens) foto's geneem en nie eers omgegee as ander ook geneem het nie. Normaalweg moet mens mos half koes as jy per ongeluk 'n vrou in swart afneem. En daar was nie een ouer wat nie 'n glimlag op hulle gesig gehad het oor die kinders .... seuns en dogters..... laer en hoerskool, se poging tot "mannekyne" nie.
Na die konsert en modevertoning was dit tyd om die stalletjies te besoek. Van die lande het stalletjies met iets "eie" en natuurlik kosse gehad. Die Amerikaners het selfs 'n "verkiesings" bord gehad waar jy kon se wie jy nou eintlik verkies moet wen.
Die twee Iere op die skool se personeel was baie trots op hulle stalletjie.
Nou kan ek glad nie die land onthou nie, herken julle die vlag? Hulle tafel was baie kleurvol.
Vir julle New Zealanders, daar was selfs 'n stalletjie van julle! Daar is nie baie in die skool nie, maar die geesdrif van almal om "iets" van hulle lande te he was groot.
En doer ver in die hoek, die beste en grootste stalletjie. Natuurlik was dit gepak van die kos soos klein melktertjies, pepermint-crisp tertjjies, klein vetkoek met maalvleis, biltong en nog klomp ander. Vir kos was daar ook bobotie, geelrys en rosyntjies en malvatert. Die ouers het regtig so baie moeite gedoen. En kyk My-Tafel-en-Bedjie se foto het ook daar gehang.
Dan was daar nog oa die Italianse stalletjie wat heerlike roomys gehad het, Tanzania, Kanada met hulle koffie en nog klomp. Syria het hierdie dansers gehad wat opgetree het, en hulle was nogals goed.
O en as julle wonder watter kleredrag het Suid-Afrika op die modevertoning gehad .... net mooi niks want so sukkel almal om te besluit wat is eintlik ons Nasionale Drag ... 'n reenboog of die groen hempies met bokkoppe wat almal mee loop?
Vir baie klink dit net soos 'n gewone skoolaand, maar vir ons skool hier in die woestyn was dit 'n groot deurbraak om ouers van alle nasionaliteite en geslag te he wat saam iets bywoon en toegelaat word om 'n kamera uit te haal. Mooi so AISA!!

1 comment:

Anonymous said...

Everything looks so nice, it looks like the school is going all out this year. guess they had to wait for me to leave..