Woensdag was Nelmari bietjie olik en nadat ek haar vroeg by die skool gaan haal het, het sy ook die volgende dag by die huis gebly. Daar is aan Charmaine se AC's gewerk en ons moes "dagma" vir die hondjies speel. Het Nelmari dit nou geniet? (En ek ook)
Hierdie hondjies het gou-gou gewys dat sy op hulle volle ondersteuning kan staatmaak vir die "siek" wees.
Gou-gou het hulle self soos "pasiente" gelyk.
Hierdie foto net omdat dit so oulik was - Didi sleep met sy kameelperd.
Nelmari sou elke dag so by die huis wou bly. Ons het jou seuntjies geniet maat!