Thursday, May 29

Katte en sandbak stories

Laat ek nou die storie ver gaan haal. Die ene is amper soos om myself in die rede te val om een storie drie te maak. Lank lank gelede in Egipte is wilde katte aangehou om Egiptenare oa teen slange te beskerm. Met die tyd het die katte so gewoond aan mense geraak dat hulle "huiskatte" begin word het. Met die dat hulle sterk genoeg was om slange te kon doodmaak is daar 'n sekere status aan die katte begin gee. Sekere diere is verafgod en 'n godin van die katte Bast het 'n hele kult genaam Mafdet vervang. Met die jare het godin Bast dan ook vrugbaarheid en moederskap verteenwoordig.Katte was so belangrik dat hulle ook "gemummie" is wanneer hulle doodgaan. In 1888 het 'n Egiptiese boer van Beni Hasan 'n grap met 8000 kat mummies in ontdek. Met die jare is die kult Bast verban en het katte nie meer so 'n groot rol in Egipte gespeel nie. Tans word hulle nog orals verdra omdat hulle rotte en muise uitroei.
Die twee foto's het Eddie met sy laaste besoek aan Egipte geneem. Die katte het in elk geval 'n baie beter lewe as hier in die UAE Hier kry hulle swaar soos ek ook al in 'n ouer blog vertel het.

Hulle kruip orals in om net te probeer oorleef, nie net in die hitte nie, maar ook onder die geniepsige kinders uit wat nie weet hoe om hulle te hanteer nie. Alhoewel die munisipaliteit nou 'n groot projek het om hulle te vang en aan die slaap te sit (doodmaak), probeer Feline Friends nog katte red en by huise uitgeplaas kry.


Alhoewel ons in 'n woestyn bly is sand vir die katte nogal iets skaars en gebruik hulle elke beskikbare gleufie sand, selfs in 'n stukkende pad (dis skaars hier en by die huis sal die stukkende paaie seker vir die katte soos hemel voel), blombakke en tuine vir 'n sandbak. So het ons straatkat ook grootgeword totdat sy 'n sandbak in die huis gekry het. Mense julle moet haar sien, sy grawe elke keer al die sand uit net omdat ek dink dis lekker om sand te he.


Toe ek oor die naweek die potjie met grond en saad op die dankie se funksie kry (sien vorige blok) moes sy seker "backflashes" van komposgrond gekry het en het sy die sand baie ernstig beloer.

Baie versigtig is die pootjie in die klein houertjie (dit kry nie 'n straatkat onder nie) gesit om te voel is dit die sand waarmee ek groot geword het? Gou agtergekom sy pas nie daar in nie en het toe ernstig die sand begin uitgrawe. Hoe gaan die gesegte nou weer? Mens kan die katte uit die straat vat, maar jy kan nie die straat uit die katte kry nie :-)

3 comments:

Muriel said...

Sandra ek snoop nou elke dag hier op jou blog rond....ek geniet dit vreeslik en hoop nie jy gee om nie.
Die katjie wat so in die grond vroetel is te oulik!

Anonymous said...

Hi Muriel lekker om mense te ontmoet wat by my blog inloer. Ja my meisiekind dink dis die oulikste kat in die wereld al kom sy van die straat af. (Dis nou die kat)

Anonymous said...

Of course is sy oulik. Jou kat raas net!!