Tuesday, May 20

Nog 'n besoek aan Sharjah

Julle sal onthou dat ek 'n vorige keer van die Al Qasba en Eye of the Emirates in Sharjah vertel het. Nou net aan die ander kant van die Khaled Lagoon kry ons die Central Souq of ook beter bekend as die Blue Souq. Die van julle wat al in Dubai gekuier het, was verseker al daar, want mens kan/kon nogals daar lekker winskopies kry. Hierdie is die grootste van die markte (souqs) in Sharjah en in 'n baie tradisionele Islamiese boustyl gedurende 1979 gebou. Die buitekant het die pragtigste blou en wit teels in die aand ..... en in die dag


Hierdie mark bestaan uit twee vleuels met 'n oorhoofse tonnel wat hulle aan mekaar verbind. Die een vleuel is vir allerhande elektroniese ware en ander goed en die ander kant is meer goud en juwele.Daar is 600 winkels in die kompleks (ja nou het ek die shoppers se aandag). Waar die onderste vloer baie oopplan met winkels is, het die boonste vloer wat baie tradisionele goed, oudhede, matte, ens. verkoop 'n bazaar gevoel. Hierdie verligte bome is langs die lagoon in 'n parkie oppad na die moskee toe. Die meeste van die groot moskees in die UAE is pragtig verlig in die aand, so ook hierdie een by die souk. Die lagoon in die aand met die bote en liggies.


(Die aandfoto's is deur Eddie geneem tydens sy besoek daar verlede week.)

7 comments:

Anonymous said...

Jinne ons was lanklaas daar... en het ons nie al daar gekoop nie!!! Ons kan gerus plan maak... as ons natuurlik die pad sal kry. Charmaine

Anonymous said...

Natuurlik sal ons die pad kry hoe dan anders. En ja ons sal moet gaan ek soek foto's van die winkels en binnekant en specials en goed.

Anonymous said...

Reg ... ons sal die pad kry. Ons sal padkos en kaart saamneem vir die verdwaal.

Anonymous said...

Wow pragtige foto's!

Anonymous said...

Hi
Julle sal my ook moet vat as ek ooit weer daar kom. Kan nou nie se wag vir my nie!!!!
Dis koud hier. Ja sal julle se dis altyd koud daar. Maar dis grys, en Sandra dit REEN. So 9oC vandag. Lekkerrrrrr
Groete en liefde
Annie

Anonymous said...

Hey
Sien nou eers is die straatkat tog nie op jou bed nie Sandra! Wat het van kinders geword en hoeveel was die volgende kinders.
Annie

Anonymous said...

Ek kan doen met lekker koue weer en reen glo my. Dis die straatkat se baba wat nou Nelmari se kat is en sy is baie oulik.