Friday, May 30

Einde van die jaar

Een van ons kindergroepe het ook hierdie week afgesluit vir die somervakansie. Ek het volledige daaroor geblok op ons Kindergroep blok, (gaan loer bietjie daar om te kyk hoe ons SA kinders "kinderkerk" hier in die vreemde het) maar omdat Nelmari deel is van die groep, kan ek hier ook bietjie daarvan vertel en foto's wys. Ons het bietjie by die Guest palace parkie gaan piekniek hou.Die kinders was omtrent boomverskrik, dis mos 'n skaars ding hier, en het almal bome toe gehardloop. Nelmari en Jessica het nie die bome aangedurf nie, maar baie jare terug toe hulle heelwat kleiner was, het hulle by die einste bome rondgehardloop en klim. By die parkie en paleis is daar ook 'n heli-landingsplek vir die paleis se gaste en met ons geluk het daar ook ene kom land en alles rondgewaai. Die tieners het besluit om iewers op hulle eie te gaan piekniek hou. Charmaine se twee brakkies was ook daar. Hier dra Nelmari en Devon die honde. Hier sit hulle en kuier...ek het wel later twee van hulle ook in 'n boom gekry. Lekker dat die tieners so met maats van hulle eie land kan saamkuier.

1 comment:

Anonymous said...

Ja-nee ek sal maar by Nelmarie staan, ek is ook nie baie lief vir boom klim nie. Maar het dit gereeld gedoen toe ek klein was. he he