Friday, May 30
Einde van die jaar
Thursday, May 29
Katte en sandbak stories
Hulle kruip orals in om net te probeer oorleef, nie net in die hitte nie, maar ook onder die geniepsige kinders uit wat nie weet hoe om hulle te hanteer nie. Alhoewel die munisipaliteit nou 'n groot projek het om hulle te vang en aan die slaap te sit (doodmaak), probeer Feline Friends nog katte red en by huise uitgeplaas kry.
Alhoewel ons in 'n woestyn bly is sand vir die katte nogal iets skaars en gebruik hulle elke beskikbare gleufie sand, selfs in 'n stukkende pad (dis skaars hier en by die huis sal die stukkende paaie seker vir die katte soos hemel voel), blombakke en tuine vir 'n sandbak. So het ons straatkat ook grootgeword totdat sy 'n sandbak in die huis gekry het. Mense julle moet haar sien, sy grawe elke keer al die sand uit net omdat ek dink dis lekker om sand te he.
Toe ek oor die naweek die potjie met grond en saad op die dankie se funksie kry (sien vorige blok) moes sy seker "backflashes" van komposgrond gekry het en het sy die sand baie ernstig beloer.
Baie versigtig is die pootjie in die klein houertjie (dit kry nie 'n straatkat onder nie) gesit om te voel is dit die sand waarmee ek groot geword het? Gou agtergekom sy pas nie daar in nie en het toe ernstig die sand begin uitgrawe. Hoe gaan die gesegte nou weer? Mens kan die katte uit die straat vat, maar jy kan nie die straat uit die katte kry nie :-)Tuesday, May 27
William se verjaarsdag "Dag"
Sunday, May 25
Dankie funksie
Alhoewel die kos amper alles dieselfde gelyk het (dis 'n indiese/arabiese ding) was dit baie lekker en het ons heerlik geeet en gekuier. Corine en Charmaine skep kos in .... terwyl Heleen baie diep dink oor wat sy gaan eet.
Saturday, May 24
Wie verjaar vandag?
Tuesday, May 20
Nog 'n besoek aan Sharjah
Monday, May 19
Nelmari is siek
Saturday, May 17
Nog 'n kuiertjie saam met Emily
Is dit 'n hoed?
Dalkies 'n kamera of verkyker?
Waar's Emily ....?
Speel kan ook ernstig wees, hoe kry ek my kop hier deur
Hoop jy kon die foto's aflaai Marina.