Sunday, March 16

Woestyn uitstappie

Vir die duinejagters is dit nou 'n goeie tyd van die jaar om in die woestyn te gaan rondjaag want die somer is nog nie heeltemal met ons nie. Eddie was oor die naweek saam op so 'n ekskursie en het bietjie foto's geneem.
Hier is Mynhardt besig om teen 'n duin op te ry.

Kampplek is opgeslaan vir die aand se vuur en braai. Dis behoorlik op die woestynvlakte as mens so kyk.
Hermias besig om "iets" te doen. Kyk net daai woestyn (sandsteen) strukture.Die son besig om onder te gaanAmper agter die duine ....
Vuurtjie besig om te brand ..... dis braaivleis tyd.

No comments: