Monday, March 31

Vrouegroep, twee stories in een

Met die viering van die Paastyd het Vroue Omgeegroep weer nagmaal saam gehad. Hier is so 'n paar foto's en 'n storie.
Ons het gesing en nadat ons 'n dvd stukkie oor die gebruik van nagmaal gekyk het, het ons saam nagmaal gebruik.
Mekaar se voetewas was volgende aan die beurt.
Corine se beurt om Charmaine se voete te was.
Ek vermoed daardie vinger se, pasop, moenie 'n foto neem nie .... en dit terwyl Heleen besig is om haar voete te was.
Na die was, is ons voete met nardusolie gesmeer.


Vir die van julle wat wonder oor nardusolie ... Dis 'n olie wat van 'n plant, die Spikenard (Nardostachys grandiflora) wat in die Himalayas, India en Nepal groei kom.

Die plant word so 'n meter hoog en het sulke klein pienk klokkie vormige blommetjies. Die olie word van vertakkings ondergrond gekry deur dit saam te pers en word vir parfuum, wierrook of kruie medisyne gebruik van enigiets van verkoues tot geboortes. (Dis soos daai goed wat jy by die Arabiese troue gedrink het maat).


Nardusolie word in die Bybel genoem in Hooglied (1:12 en 4:13), Markus 14:3 en Johannes 12:3. Maria, suster van Lazerus het nardusolie gebruik om op Jesus se voete te sit. Ook in Lukas 7:37-50 het 'n onbekende vrou Jesus gesalf met 'n parfuum en dit het 'n simbool van Christus se salwing in Bethany geword. Nardus het 'n wonderlike reuk.

Wat doen hierdie twee na die groep terwyl ons ander tee drink wonder ek?

3 comments:

Anonymous said...

Kan ek net hoor wie het daardie pragtige groen kommetjie "geborg", lyk my na Etisalat as ek so na die kleur kyk!

Anonymous said...

Nee Eddie, nie Etisalat nie. Het ons sulke skotteltjies? Ja maat klink my die Nardus is soos die geel stuff, maar die geel stuff het nie soos Nardus gesmaak nie. Maar dan het ek nog nie aan die Nardus geproe nie... om die waarheid te sĂȘ..

Anonymous said...

Jy toe geproe? Sal graag die uitslag wil weet.

Stel ook belang in Etisalat se kom-fone, dog hulle het net bessie-fone.