Friday, March 21

Lentedag

Dis amptelik lentedag in die UAE en ons kan dit aan die weer begin voel. Alhoewel ons een van die "koudste" winters in jare gehad het, begin die hitte nou optel. Lente by die huis gaan gewoonlik gepaard met bloeisel op die bome en die sonnetjie wat wil-wil uitsteek en selfs lentereen. Ek onthou nog die groot lentelope wat ons elke jaar in die skool gehad het. Wonder hou skole nog so iets?As mens dink aan lente in die woestyn dan is dit 'n moontlik prentjie wat mens in die kop kan kry.Maar Abu Dhabi se strate is groen en kleurvol. Orals is blomme in allerhande kleure op sypaadjies en middelman geplant. Mens moet jouself gedurig daaraan herinner, dis eintlik 'n woestyn.... Hoe besonders is dit nie? En saam met die blomme en groen is daar orals fonteine van alle groottes, vorms en kleure. As mens die water so sien wil jy amper dink dis heerlik koel. Heerlike Lentedag vir julle!

No comments: