Saturday, March 8

Kort toernooi vir Nelmari

Soos met enige sport werk mens mos maar op na 'n hoogtepunt toe, en hier met die basketbal is dit die ISAC toernooi. Dis wanneer skoolspanne van ander lande teen mekaar deelneem. Die afgelope paar weke wou Nelmari nie ski Dubai toe gaan of met track and field begin nie, net ingeval sy seerkry en die ISAC toernooi mis. Met groot opwinding is daar dus Donderdag Dubai toe vertrek. (Groot genade dat hulle nie hierdie jaar in die buiteland speel nie)
Die meisies besig om op te warm voor hulle eerste wedstryd. Slegs tien spelers per span word in die toernooi toegelaat, so van die spelers moes agterbly. Al 4 Suid-Afrikaners is egter gekies om te speel.
Die eerste wedstryd is teen die tuisskool en Nelmari en Minri verdedig 'n hond uit 'n bos uit. En as hulle by hul verbykom wag Jessica nog.
Nelmari in die lug besig om 'n doel te skiet.
Dis 'n harde wedstryd met 'n bietjie "vuil" spel en die maskot en span lyk bekommerd en nie verniet nie ....
Nelmari word afgehelp nadat sy "per ongeluk" val en haar knie beseer. Ek wonder hoe sag moet 'n stampie wees as iemand wat soveel groter as die teenstaander is, plat val?
Sy's uit vir die wedstryd en saam met haar op die bankie sit twee ander SAfrikaners wat ook beserings opdoen. Lyk my die vraag is "hoe wen mens 'n toernooi? - jy skakel die Suid-Afrikaners uit?" Nodeloos om te se die span verloor die wedstryd, alhoewel net met een punt.
Het Nelmari ore? Nee! Sy speel in die tweede wedstryd en moet vroeg afgaan. Gelukkig wen die span die wedstryd.

Wanneer Nelmari Maandag terug is van die toernooi wat sy nou in 'n rolstoel/krukke bywoon, en nie iets wil mis nie, sal ek 'n update oor die knie en hopelik foto's van gebeure gee.

2 comments:

Anonymous said...

Ai sussie.Nie veel om nog te se nie... maar ek onthou 'n toernooi wat ek gespeel het met infeksies in die oe, en nie kon sien nie.

Anonymous said...

My hart is seer vir jou Nelmari, maar ek is trots op jou dat jy daar is vir jou span en steeds ondersteun. Jy hanteer die slegte terugslag so goed... jy is 'n wenner... op en af van die baan. T Charmaine