Tuesday, March 11

William darem ook nog op kampus

William se program klink eintlik bietjie besiger as James s'n alhoewel daar niks van studies gemeld word nie. (Verskoning die foto's nie so duidelik nie)

Hy se dat hy die laaste paar weke 'n redelik "craving" vir soetgoed gehad het, (ja, ek's seker hy mis die lekkergoed kas) en toe besluit het om self te bak.

Blykbaar het hulle nou nie regtig maatbekers ens. nie en hy moes maar doen met wat hy het. Ek weet nie presies watse koekies dit was nie (ek sien fone en stowe werk nie lekker saam nie), maar volgens hom was dit 'n groot sukses wat daar het niks oorgebly nie en alles is dieselfde dag opgeeet.
Hier is ook iets gemaak (ek het die foto), maar kan iemand uit Bloem asb verduidelik wat? Ek dink ek herken Marie beskuitjies om mee te begin.

Hy en Leane het ook gaan "rock climbing" doen. Volgens hom het hy net saamgegaan vir morele ondersteuning en dit toe self uitprobeer. (James jy vertrou jou boetie?)
Dit was net na pluimbal oefening en alhoewel die spiere styf was,het hulle drie keer tot bo kon klim. Leane het 'n bietjie langer gevat omdat haar lengte haar bietjie beperk.
Tussendeur reis hulle iewers hierdie maand vir intervarsity vir een van die sportsoorte. Help 'n bietjie met volledige inligting seun. Ek hoop om ook daarvan op hoogte gehou te word. Hier oefen hy saam met sy basketbal span. Dankie vir die foto's en update seun!
ns Wat gebeur met die studies?

2 comments:

Anonymous said...

Hello well the first bunch of cookies were supposed to be suger cookies but with lack of suger and salted butter made them more biscuits things. the second bunch are marie biscuits with a marsh mellows and choc in the middle, then its put in the microwave and melted. YUMMY The studys are not as sweet. doing well in the business and psi classes but the maths are a bit salty :-) but im trying hard. and thats about it

Anonymous said...

Dankie vir laat weet seun. Hou ons op hoogte van die Potchef wedstryd.