Saturday, March 22

Die seuns eet darem ook

So af en toe lyk dit my eet die seuns darem ook. Gedurende die week was hulle bietjie Spur toe en James stuur hierdie verslag .... Soos gewoonlik (se James) moes hy ook sukkel om 'n foto van William sonder gesigtrek kry. Hier is hy en 'n vriendin Tessa.
Kos is op die tafel en nou is William gelukkig. Ek is nie seker wat hulle geeet het nie, dit lyk na 'n Mexikaanse dis.
Dit lyk asof James besluit het om op hulle stapelvoedsel "rys" te bly. Foeitog seun het jy nie vleis gehad nie en wat makeer jou om daai hemp te dra.
Oooo nou sien ek, Leane (die strepietjie ding wil nie werk vandag nie) het al die kos by haar. Ek verstaan sy wil darem ook bietjie groei...
Dankie vir die foto's seun.

3 comments:

Anonymous said...

Seun,ek dink natuurlik jy rol jou Ma 'n pampoen. Spur het nie rys nie, so wat eet jy?

Anonymous said...

Die rys het gekom na william hul uitgewys het dat daar veronderstel is om rys by te wees.toe bring hul ektra bordjies

Anonymous said...

Finally Sandra, your son know what his true colors are. Jou seun lyk baie mooi in swart. Ja ek het net geweet om vandag te kyk. Nog steeds in UK maar vlieg more huis toe. Annie