Wednesday, March 5

Sport hou ons besig

So kry ek die ou rekenaar terug van die hospitaal nadat hulle reggemaak het en geback-up het en raai wat? Net 'n tiende van die foto's is op die backup file, so waar is die res? Nou moet ons alles weer oordoen en die ouens wat ek nog nie kon blog nie, kom nou skotvry. Hoe regverdig is regverdig?
Intussen het daar darem nie niks gebeur nie, Nelmari het twee basketbal wedstryde gespeel ter aanloop van die Internasionale toernooi (ISAC) wat hierdie naweek in Dubai plaasvind.
Maandag het hulle weer teen die Britse skool Al Khubairah gespeel en hulle goed gewen. Hier is 'n paar aksie foto's. Klein Maddie moet behoorlik in die lug hang terwyl sy vir doel skiet.
Nelmari en Minri gee vir die spelers 'n harde tyd met die verdediging. Die maskot Lion staan en toekyk.
Kyk net hierdie SA verdedigingstoebroodjie --- waar moet die speler nou heen?
Die eindtelling en ons wen goed. Die span het ook gister (Dinsdag) teen Emirates National skool gespeel en 35 - 0 gewen. Of dit nou genoeg voorbereiding is om die spanne van die ander lande hierdie naweek aan te durf, weet ek nie, ons hoop so.

No comments: