Showing posts with label Khalifa Park. Show all posts
Showing posts with label Khalifa Park. Show all posts
Thursday, March 27
Khalifa park, museums en fonteine
Ons is nog steeds in die Khalifa Park met al sy plekke om te sien, te speel en fonteine.
Die heritage museum so op die sandvlakte
'n Hoekie van die museum. Ongelukkig het die voeltjies al begin nessies maak in die deur terwyl dit wonder "maintenance" is en ons kon nie die binnekant sien nie.
Hier is een van die tuine. Hulle tuine het sulke interessante name soos Islamic garden, Education garden ens. en ons het ernstige probeer uitvind hoekom en waarom die name.
Met die museum ook onder "maintenance" het die wag ons darem toegelaat om na die aquarium se vissies te gaan kyk. Hulle het regtig die mooiste groot tenk met vissies in. Hierdie is deur een van die venstertjies geneem.
Die restaurant dolleeg met alles wat gesluit is. Dit kyk uit oor die hele park.
Met die terugstap loop ons aan die fonteine kant af. Dit lyk dalkies heerlik koel maar laat ek vertel dat die weer ernstig aan die optel is.
Nog een van die fonteine tussen twee "bloeisellose" bome (dis mos lente hier)!
Die fontein van nader sodat julle kan sien die binne koepel is goud. Hier is nog so baie om te sien wanneer alles oop is, so ons kom weer eendag terug.
Tuesday, March 25
Khalifa park, treintjie
Iewers rondom 2003/20204 is daar 'n tender uitgesit vir 'n park in Abu Dhabi vir die al die mense van Abu Dhabi. 'n Plek vir pret en vermaak, maar ook vir geskiedenis en kultuur. Eers verlede jaar gedurende Ramadan 2007 is die park vir die eerste keer vir die publiek oopgemaak. Iewers langs die pad het ons geslaap, want so kon ons eers Februarie 2008 die park besoek
Subscribe to:
Posts (Atom)