Tydens die kamp het dit nou al tradisie geword dat daar 'n "modevertoning" plaasvind. Omdat daar baie klem op bewaring geplaas word, word die kinders ook bewus gemaak van vuilgoed en veral plastiek in die natuur. Daar word dan tydens die kamp geleentheid gegee vir die kinders om die plastiek te "recycle" deur vir hulle 'n uitrusting vir die modevertoning te maak. Meisies onthou julle dat tydens 1998 (ek dink) was die wenner een van "ons" kinders?
Min het ek gedink dat tien jaar later my seun ook vir hom sal sit en 'n pak klere maak van plastiek.
Hy lyk baie ernstig. Dit kan my nogal geld spaar as hy dit kan regkry. William is natuurlik ook die een wat sonder blik of bloos enigiets sal dra en nie omgee wat die mense se nie.
Dan die ander lekker van die kamp is die dansery. Die kinders word 'n klomp van die tradisionele danse, wat besig is om verlore te gaan geleer. En ja, as tiener kan mens nogal gesig trek as jy dit hoor, maar net totdat jy begin dans ... dan het almal sports, soos julle op die klein kort video clips sal sien.
James en Danette demonstreer hier vir die kinders die wals (Kan jy dit glo Leane?). Maar kyk die outjie op die agtergrond wat die "steps" probeer oefen :-). Ek wens ek kan julle die video wys van baie jare terug toe James daai kleintjie was.
Hier begin dit al beter gaan en dit lyk selfs asof die kinders regtig wals.
William kry ook sy kans om te wys wat hy kan doen met die wals.
Dan oefen hulle ook hierdie "lyn-dans" (of wat's die regte naam). Hou die ou met die blou sweetpak baadjie dop op altwee video's. Skuus vir die donker aan die begin, maar die saal se beligting nie te goed.
Hier leer die kinders nog 'n nuwe ou dans. Weet julle wat mens die een noem:
Daar word ook gewys wat hulle met die danse geleer het, en hier is almal nou in uniform besig om te dans.
Hierdie video het James verlede jaar met sy foon geneem - William (rooi hemp) en die kinders doen die lyn-dans. Ongelukkig kan mens glad nie die musiek hoor nie, maar hulle is mooi gelyk dink julle nie?

Kyk net daai uitsig waarmee mens wakker word. MAAR as die ou windjie wat so lekker by die see kan waai sy sin kry, lyk die tente so die volgende dag ... Dit bring nou ou herinneringe van storm en reen kampe.
Die kosrye vir etes was/is altyd 'n lekker plek vir kuier en opvang met al die nuus. Nou onthou ek 'n klein Van der Merwe op 'n kamp in Gauteng wat sy borde verloor het en sommer so bakhand sy pap wou kom haal.
Hier is James en Danette besig met 'n groepie kinders. Dit bly darem steeds 'n mooi uitsig om na te staar met die berg en see op die agtergrond.
William het ook lesings aangebied en hy en sy groepie sit binne en luister wat die gevare van die see kan wees.
Anders as my tyd in die Voortrekkers word daar op hierdie Gr 7 kamp ook danslesse gegee. Die kinders word al die tradisionele danse geleer en hier is James besig om uit te help daarmee.
As deel van die kentekenwerk wat die kinders doen, besoek hulle die Stony Point Natuurreservaat waar hulle spesifiek 'n "reddingsprogram" vir die Pikkewyne het. Kyk bietjie hier na die foto's van die besoek. 

En nou is dit tyd vir die aandprogram.
En wat is 'n aandprogram sonder 'n lekker kamplied en sang. Ander aktiwiteite gedurende die kamp was ook die modeparade, dinee en dans .... maar daardie foto's wys ek more.









See what dangers we have to live with?
A warning sign outside the gym!
James and the dog taking a little nap.
My first year at university and I was chose to represent Kovsies at the SASSU (South African Student Sports Union) held in Potchef this year and thanks to my sponsers mom and dad I could go. It took as 4 hours to drive there and find out that someone didn't pay our money in time so they thought we were'nt coming and then had no place to stay.
A senior student at Potch offered us accommodation right next to the campus, which we though was great until we saw the girls had to sleep in a room not bigger as our bathroom back home and the guys in a caravan and that for R70 per day per person! We found a very nice place and they actually gave us student discount.
Another sign at the gym in Potch. .jpg)
We played against 2 univ everyday and ended up in 3rd place with Tuks 1st and Puk 2nd.



en ek dink hy was baie bly om eintlik by sy nuwe blyplek te staan .... ek wonder wat doen hy nou? Die seuns en hulle ander huismaats het die huis begin inrig vir die nuwe jaar en dit het nie lank geneem nie.




Die vyfde lid van die studentehuis is "Sabeeha" (moenie vra waar vandaan en hoekom nie). Hier is sy besig om die verskillende slaapplekke uit te probeer .... lyk bietjie ongemaklik by William.
