Showing posts with label melkskommels. Show all posts
Showing posts with label melkskommels. Show all posts

Saturday, March 29

Wat vang William aan

William het darem weer so 'n bietjie van 'n update gestuur oor wat hy op kampus aanvang, alhoewel ek nie eintlilk enigiets van studies hoor nie. Ek plaas die blog in sy eie woorde

On the 15 of this month there was a walk for cancer, this was to raise money to help with cancer researce, alot like the Terry Fox run, but instead its a walk from 18:00 till 6:00 the next morning. I was not suppose to go but thought it was for a good cause. And luckly i did, because my hostle had no one to walk, and i filled in.In the end i walked for about 8 of the 12 hours and thanks to my phone saw that it was 27.31 km 64 laps around the track, and 33,132 steps. But it was fun and im happy i went.

Alot of students can do with some extra money and there is an product testingplace on campus, where students can go to be test dummys. And of course i had to go to see what its like. The test i chose was for comparing two pills against each other, so no big risk was involved. I had to sleep there for 2 days on the 13 and one night on the 18. While there you get breakfast, lunch, and dinner. and all they do is take blood every 30 min. So no big deal... and they pay you of course, R2000 for two days is not bad. The next one i saw is for R45000 and they cut of your small toe and see if they can put it back. What do you think of that one mommy.... (Geen kommentaar)We went shopping today (the 21) and pick and pay was closed, so instead we went to wimpy.(So bly om te sien julle "eet" darem, al is dit net Spur en Wimpy foto's)


Had a nice breakfast and as usual i had my milk shake. (William gee gewoonlik punte vir goeie en/of slegte melkskommels, kliek op label melkskommels .... maar hierdie keer was dit net 'n foto. Hoe het Wimpy gevaar seun?)


Dan is William ook gekies vir Kovsies se pluimbalspan wat hierdie week in Potchefstroom speel. Ons is trots op jou seun, laat weet hoe dit gegaan het, en dankie vir die foto's en storie. Nou jou beurt James.

Monday, February 4

Melkskommel "boffin"

Tydens ons kuiertjie in SA en voordat die universiteit begin, het William besluit om net melkskommels te drink. Blykbaar is dit te duur om uit 'n student se sak te kom, dus moes hy die kans terwyl ons betaal gebruik. Elke plek se melkskommels is geroer, getoets en geproe en dan bepunt. Die uitslae was nogal nie wat ons gedink het dit sou wees nie.Loshande vyfde was 'n spur melkskommel. En ouens hy het nie net een spur s'n getoets nie, hy het klompe getoets en verskillende geure.In die 4de plek en 'n verrassing vir my was die Wimpy. Hulle mag dalkies nie weet van melkskommels nie, maar hulle ken van koffie. Derde (hulle was vir 'n tydjie eerste) was Maxi's in Menlyn.
In die tweede plek volgens hom, was die melkskommel by Eden op Onrus
en loshande eerste want ..... sĂȘ hy ..... dit smaak reg en die plek het 'n view was Fusions in Hermanus. Wat net weer wys dat die klein plekkies wat nie massas maak nie, meer effort insit. Dis nou regte roomys, nie geursels, ens. ens. ens.

Ek wonder hoe lank vat dit 'n student om van melkskommel proe na iets sterker soos ..... koffie proe te gaan?