Monday, March 10

Wat gebeur op kampus?

Die nuus van Bloemfontein nie altyd so baie nie, alhoewel die koerante deesdae baie te se het oor die plekkie. So dis lekker as mens 'n beriggie en foto's kry.
James se hy het die laaste twee weke meer aksie gesin as in die drie jaar wat hy daar was. Maar dat sy klasse "normaal" aangaan en hulle net hoor van die moeilikheid. Daar is egter 'n polisieteenwoordigheid op die kampus. (Ja .... as mens alles moet glo wat jy hoor in die nuus en deesdae op die net dan moes ek al die arme kindertjies laat huis toe kom het.) Wat die "studies" betref klink dit my asof James op die oomblik geniet wat hy doen. Volgens hom het hy nou begin met sy praktiese ure en is hy ook fiksheidsafrigter vir die 2de dames hokkiespan. (Het die span darem al 'n paar wedstryde gewen seun?) Dan is daar nog die ure by die biokinetika sentrum waar hulle die "high performance" atlete laat oefen en ander fiksheidstoetse. Dan lyk dit ook asof Sabeeha (ek weet nog steeds nie waar die naam vandaan kom nie) besig is om in die naam in te groei. Volgens James vat sy nou meer plek ... lyk my die hond geniet al die aandag!! Dankie vir die laat weet hoe dit daar gaan seun.

2 comments:

Anonymous said...

Gelukkig vir my het die meisies nog nie 'n wedtryd gespeel nie.Maar sal laat weet of ek enige verandering sien. William begin ook volgende week oefen op die program wat ek vir hom gemaak het.

Sabeeyah die hond, se naam beteken 'Little Lady' in arabies. En met die ogies wat sy gooi is sy meeste van die tyd 'n dame.

Anonymous said...

Sy lyk maar vir my na 'n baie bederfde hond.