Showing posts with label Woestyn. Show all posts
Showing posts with label Woestyn. Show all posts

Thursday, December 26

Ou Kersaand in Woestyn

Verlede haar het ons met 'n handjie vol mense, seker so 10/12 in die woestyn gaan Kersliedere sing op Ou Kersaand en vanjaar het ons besluit, ons gaan weer, en hierdie keer was ons 'n paar hande vol.
Page1

Vroeg middag het die wind egter opgekom en ons was bekommerd dat ons heeltemal gaan wegwaai. Verseker het dit 'n paar mense se "saamkom" affekteer, maar met warm baadjies en komberse en glad nie voorbereid op die sterk wind se effek op die sand nie, het almal vroegaand bymekaar gekom vir die Ou Kersaand liedere in die woestyn.   
Page2

Daar was sand orals en Elriza en Leane wat die sang lei, moes maar partykeer die oe toeknyp om te keer dat dit nie vol sand waai nie.  
Page3

Van die piekniek na die tyd het niks gekom nie, die weer was te sleg, maar ons kon lekker sing en luister na die Kersboodskap terwyl ons rondom die kampvuur sit.  

Friday, November 30

So boer jy in die woestyn

Met die onlangse retreat in die Liwa woestyn het ons 'n kansie gehad om 'n foto of twee van die plase daar te neem.   Liwa is op die randjie van die Rub' Al Khali woestyn en grens aan Saudi. Dadelplase is hulle bron van inkomste  Ek lees ook dat die oase die geboorteplek van die heersende families van Dubai en Abu Dhabi voordat hulle in 1793 hulle huise Abu Dhabi (Al Ain) toe geskuif het.
DSC_0512
 
Mens kan mooi sien waar elke plasie is met die groen so tussen die duine. 
 
DSC_0514
 
Hier kan daar defnitief nie staatgemaak word op reen nie, en word die water aangele. 
DSC_0515
 
En so ver die oog kan sien, sien mens duin op duin.  Kuier by die buurplaas kan nogal 'n misie wees.
DSC_0518
 
Die bome wat so om die "lande" geplant is, help so bietjie om die sand uit te hou :-).  Kan julle dink wat 'n sandstorm aan die oes kan doen? 
 
DSC_0519
 
Die regering doen baie vir die boere, help ook met die aanle van water en in die eerste paar jaar het hulle ook die waarborg gehad dat die regering hulle oes sal koop.
 
Ek dink nie dis maklik om so te boer nie, maar dit maak 'n mooi prentjie om af te neem.


Friday, April 6

Woestyn paastyd

Die somerhitte is so stadig besig om spoed om te tel, dus was die naweek half die laaste kans om met die tieners te gaan kamp en omrede dit oor die Paastyd val, was dit sommer meer spesiaal. 
DSC_0044

Dis ook net hier in die woestyn wat daar 'n hek op die vlak staan met die woorde "Close the door".
DSC_0038
Ons kampterrein.  En daardie is nie berge in die agtergrond nie, dis duine. 

Page2

Kamp is opgeslaan en ingerig. 
Page1

Kinders besig om die terrein vir die aandprogram reg te kry.  

Page4

Almal help om die kruise aangedra en geplant te kry.

DSC_0103


Ons tieners gereed vir die aand.  Hulle was so opgewonde en het reeds van vroeg af honder keer kom vra wanneer hulle die fakkels en vuur kan aansteek.   Dit word laat donker in die woestyn en ons het daarvoor gewag en die ouers moes hulle kom wegroep het vir aandete.

DSC_0156

Tydens die aandprogram het die kinders voorgelees uit die Bybel en ons, saam met die ouers het saam gesing tydens die worship.

Page3

'n Groot bonus was die swembad wat die ouers gereel het.  Dit het nie net almal afgekoel nie, maar ook as "skoonmaak van die sand" gedien.  Daar is spesiaal 'n watertenk gehuur om dit te kom volmaak en al het hulle bietjie vasgesit, was dit alles die moeite werd. 

Page6

Met die "paasmars" het die kinders die verskillende stappe gedoen van die tuin van Getsamene, die gesel, spykers inkap, houtbalke dra tot by die eindpunt waar hulle 'n kruis moes maak.  Daarna is die kruise op die hoogste duin staangemaak en aangesteek.  Die kinders was baie moeg aan die einde met al die duine wat geop en af is, maar daar is lank stilgesit en kyk na die kerse terwyl hulle brand - dit was 'n baie spesiale oomblik. 

DSC_0238

Van slaap was daar geen sprake nie, en dit is die prentjie van ons tieners toe ons wakker word.  'n Klein bondel tieners wat heelnag gekuier het. 

Page5

Moeg word die duine weer aangedurf vir die oggendstiltetyd.

DSC_0268

Wat 'n wonderlike tyd was dit nie gewees om saam met die jongmense op 'n praktiese manier weer te kon sien hoe lief God ons het, dat Hy Sy enigste Seun gegee, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal he. 


Thursday, May 20

Lekker in die woestyn

Dis nou 3 maande vandat ons diep in die woestyn ingetrek het, en om verskeie redes is baie dinge in die huis nog nie klaar nie. Om die waarheid te se ek weet nie of dit ooit gaan wees. As ek gedink het na al die jare is ek gewoond aan die dorp, het ek nou te doen met 'n heeltemal nuwe kant van Abu Dhabi en dit is die woestyn deel. Ek het mos al vir julle die groen en see en indrukwekkende geboue gewys - kyk nou hierna dis in dieselfde dorp en verseker hoe die ontwikkelde deel vroeer gelyk het.

photo 4

Vandat ons hier bly is daar bykans elke tweede dag een of ander sandstorm wat deur die spesifieke area waai en my blou karretjie voel al soos 'n kameel as hy sy liggies so moet toeknyp om al die sand uit te hou. Die foto'tjies is almal hierdie week sommer met die foon oppad skooltoe geneem en hierdie was Sondag se klein stormpie.

photo

Dis 'n nuwe area en die paaie is gebou en sypaadjies word mooi met siersteen gedoen, maar sodra die sand gaan le, kan mens sien dat die sand eintlik die area wil terughe. As hulle nie gereeld die plek "vee" nie, was hierdie dorpie seker binne 'n maand weer 'n woestyn.

photo 1

Hierdie ouens so drie blokke van ons af is besig om hulle eie sandduin agter die huis te bou, maar ek voorsien dat daai muur nie lank sal hou as hulle dit so los nie.

DSC_0013

En dis die sandplakkers. Ek weet nie presies wat hulle doen nie, maar van die padwerkers bly sommer naby as hulle aan 'n projek bou en dis so 'n klein houtboksie op stelte.

DSCF0042

Van naby dat julle beter kan sien :-).

DSC_0038

En dan kom mens by die huis na die storm en jy kry nie stof nie .... nee .... ons eie sandduintjie besig om te vorm aan die binnekant by die voordeur.

Dit lyk en voel asof ek nou die woestyndeel van my lewe binnegaan :-) en ek hooop nie dit vat veertig jaar nie.

Lekker week en mag die beste span weer die naweek wen!

Monday, February 15

Die drie wyse manne in die woestyn

Die drie wyse manne het die afgelope naweek bietjie in die woestyn gaan oorslaap - net om so 'n bietjie nader aan die sand te kom. Waar ons vroeer jare ver moes ry woestyn toe, sien mens deesdae die dorp met al die huise wat hulle al in die woestyn gebou het.

DSC_0069

Nou moet julle weet dat oorslaap in die woestyn nie sommer net iets is nie. Dis die tyd/geleentheid wat die manne al hulle sandput speelgoed kan uitpak en speel.

DSC_0070

En kamp word nie sommer net opgeslaan nie, daar word gekyk na die son, wind, maan, sterre en alles wat mag kom en uit watter rigting sodat die tent se opening op die regte plek kan wees.

DSC_0075

Eddie se lego-karretjie staan eenkant in die wind, weet nie hoekom nie. Kyk net die mooi formasies wat die sand al gewaai is.

DSC_0076

En dan staan die tentjie, bietjie skeef lyk dit vir my en mens kan ver agter die dorp se liggies sien.

DSC_0078

Daar word ernstig gekuier en gebraai en ek is seker meeste van die werk, dorp, land en wereld se probleme is aangespreek en 'n oplossing voor gekry.

DSC_0085

Sonopkoms die volgende oggend en soos ek verneem het was almal behalwe die kameraman wakker. Die ander twee het hulle bydrae tot die nag- en woestyngeluide gemaak.

DSC_0089

Die son trek water en al wat oorbly van die trippie is om nog die sand in die huis te gaan aflaai.

Sunday, March 16

Woestyn uitstappie

Vir die duinejagters is dit nou 'n goeie tyd van die jaar om in die woestyn te gaan rondjaag want die somer is nog nie heeltemal met ons nie. Eddie was oor die naweek saam op so 'n ekskursie en het bietjie foto's geneem.
Hier is Mynhardt besig om teen 'n duin op te ry.

Kampplek is opgeslaan vir die aand se vuur en braai. Dis behoorlik op die woestynvlakte as mens so kyk.
Hermias besig om "iets" te doen. Kyk net daai woestyn (sandsteen) strukture.Die son besig om onder te gaanAmper agter die duine ....
Vuurtjie besig om te brand ..... dis braaivleis tyd.

Tuesday, December 18

Ons soek die souk

Met ons Al Ain trip het ek ook die geleentheid gehad om vir die eerste keer 'n kameel souk te besoek en dit was regtig baie interessant

Daar is klompe kamele in kampies van klomp verskillende lande soos Saudi, Oman, Kuwait, ens.
Ons het redelik pret gehad. Met ons stop by die souk het 'n ou dadelik op die kar afgepeil, die deur oopgemaak en homself voorgestel. Charmaine is altyd die ordentlike een en groet nog so, toe vat hy haar kamera en daar gaan hy. Draai net elke nou en dan om en roep haar om te volg. Goeie maatjies soos wat ons veronderstel is om te wees, volg ons haar, net om daar te wees.
Eintlik wys hy ons 'n klein babakameel en voordata hulle enigiets kan sê, haal hy sy hoed af en sit dit op hulle kop en neem 'n foto met die kamera. Hier staan Annie met die hoed op haar kop.
Die baba kameel waarvoor ons die vreeslike sand aangedurf het. Hy's darem oulik.

Van die ander kamele wat rustig staan en eet. Hulle het vir my die pragtigste oe.
Annie krap een se oor wat vreeslik gou kom kennis maak het.
Hierdie klein kameel het met sy kop op sy ma se poot gelê en slaap.
Blykbaar is hierdie outjie dhs5000 werd. Hulle is eintlik resies kamele
Die klomp kleintjies staan en loer na ons in die motor
Daarna besoek ons die Oase en Annie gaan neem gou die restaurant binne-in se deur af.
Waarna sal sy hier kyk?
Dan volg die kleinvee souk. Die ou trokke staan permanent hier ... die bokke word natuurlik verkoop en vervang. Goeie advertensie vir Datsun.
Ete by die pub by die Al Ain hotel voordat ons die pad terugvat huis toe.Met die weer wat effens koeler is, blom alles so mooi. Hierdie is langs die pad oppad terug Abu Dhabi toe.
Een van die mooi brue waaronder ons deur ry
Ons wil Annie darem geleentheid gee om ook in die woestyn te loop. Hier stuur ons haar woestyn in.

Is dit ver genoeg ouens vra sy?
Die son sak en ons is amper by die huis. Dit lyk alles so mooi met die duine