Sunday, December 16

Al Ain vir die dag

Ons het gister 'n bietjie vir Annie die dorp Al Ain gaan wys. Ek weet ek het reeds geblog oor Al Ain, maar is seker dat meeste van die foto's nuut sal wees en dis ook vir Annie se familie en vriende in NZ om te sien wat sy alles hier tussen die duine aanvang. Charmaine verduidelik van die sand en duine en die verskillende kleure terwyl ons uit die "stad" in die "woestyn" ry.Mens sien nie altyd die woestyn nie want daar is rye en rye bome aangeplant reg langs die snelweg. In Abu Dhabi is die sand effens ligbruin van kleur. Vir interessantheid, elke van die sewe emirate se woestynsand is 'n verskillende kleur
Op by die berg Jebil Hafeet kyk ons af waar hulle die berg begin "groen" maak het. Hierdie berg is 1340 m hoog.
Halfpad op so tussen die berg is die 5-ster hotel. Natuurlik 'n baie goeie plek om te stop vir drinkgoed. Die hotel is baie gewild by toeriste omdat dit so op die berg "hang". (As julle die label onder vir Al Ain en/of Jebel Hafeet druk, sal julle meer oor die hotel kan sien). Duur maar ook nie te nie, want natuurlik is daar nie 'n see om by te swem of 'n dorpsnaam wat die prys kan opstoot nie.
Annie tussen-die-blare waai vir ons. Die hele ontvangs van die hotel is vol plante wat dit 'n regte groen oase in die vaal berg maak.
Tee en koffietyd natuurlik ... en die koekies het so lekker gelyk .....

Annie gaan maak haarself tuis in een van die Arabiese "tente" binne die hotel.
'n Kunsuitstalling voor in die hotel se portaal. Hier staan Charmaine en Annie daarna en kyk.
Bo aan die linkerkant as jy opry, kyk jy uit op die plase. Annie vra wat omhein hulle, en al wat ek kan sien is sand, so .... Aan hierdie kant van die dorp grens Al Ain aan Oman.
Bo-op die berg kyk mens uit op die pad na nerens. Die grens aan hierdie kant is Saudi Arabia
Al Ain se naam in Arabies beteken "the eye" of "the spring" en hier is een van die pype waar die water uit die grond kom. Charmaine voel die water met haar voete en vertel hoe heerlik warm dit is.
Dis die onderkant van die berg waar hulle groen gemaak het met vakansiehuisies vir toeriste.
Annie probeer die stroom water toedraai. Nie so 'n maklik nie. Hierna lĂȘ die kameel souk en middagete voor, maar vir daardie foto's moet julle more kyk.

No comments: