Saturday, December 15

Bietjie van dit en dat

Die laaste twee dae het ek so tussen-in nog 'n sokkertoernooi van Nelmari so hier en daar bygewoon. Gelukkig het James aangebied om vir Annie en Corli winkels toe te neem sodat hulle ook die taxi's in Abu Dhabi kan ervaar en natuurlik 'n foto of twee ook te neem.

As taxi's nie opdaag nie, moet mens partykeer ente stap. Hier is James en Corli oppad ... Annie hoekom is jy so ver agter?
Klere kyk is nog steeds op die lysie soos julle kan sien.
En eet .... James en Corli vat 'n rus- en eetkansie.
Met die Abu Dhabi mall op die agtergrond durf hul die strate weer aan. Hierdie keer sien ek darem 'n inkopie sakkie.Corli ontspan die spiere op 'n masseur-stoel na al die rondloop (en shop?)

Aandete was 'n tradisionele Arabies/Lebanese ete met hommous, kofta, vine leaves, vleis, ens.
Gister (Vrydag) was net 'n rustige dag by die huis. Ons oefen weer vir die Internasionale Sangaand en Corli & Annie sing saam. Daarna is dit tyd vir kindergroep. Hier dans Corli saam met een van die kinders Daleen.

No comments: