Showing posts with label kuiermense. Show all posts
Showing posts with label kuiermense. Show all posts

Saturday, January 5

Sheikh se motormuseum

Ek het julle op 'n vorige keer van die motormuseum van die Reenboog Sheikh vertel, en hier is 'n paar foto's van die snaakse en gewone motors wat in sy private versameling reg in die middel van die woestyn staan.


As julle wil teruggaan na die ander blog oor die museum, kliek net op die label hieronder.

Thursday, December 27

Ons kyk perde

Dis nou winter in die land en mense soek elke moontlike geleentheid om buite te wees. Saam met die koeler weer word daar ook weer perdereisies gehou. Onder normale termperatuur hier is dit te warm vir selfs die perde. 'n Mede-SAfrikaner wat die gholfbaan bestuur het 'n gaping gesien en by die klubhuis tydens die perderesies begin BBQ aande hou.

Dit het so 'n gewilde bymekaarkomplek geword dat mens nogals voor die tyd moet bespreek. Ons vrouegroep het gaan "BBQ" as afsluiting vir die jaar voordat almal weggaan vir vakansie en natuurlik wou ons ook hĂȘ Annie en Corli moet saamkuier.

Die kosse is heerlik. Die buffet het vis, groente, slaaie en nagereg EN buitekant braai hulle allerhande lekker tjoppies, steak, mielies en aartappels (Ja ek weet ons eet alweer). Hier help Amelia en Annie hulle met bietjie groente terwyl Corinna ook naderstaan.

Op die resiesbaan langs die restaurant hardloop die perde wat behoort aan sheikh elke halfuur vir groot prysgeld.
So gou-gou word die perdeboekie beloer en perde gekies. Ek kan net noem dat dobbel in die land verbode is. Ons sou ook maar sleg gevaar het want mens kies g'n 'n perd volgens sy naam of die jokkie se hempkleure nie. Annie en Corli bespreek dit baie ernstig.
Amelia en Charmaine wil egter ook 'n perd kies wat moontlik kan wen.
Die seuns verkies om die kosse uit te probeer.

So tussen-in die etery kan ons afstap na die baan toe en die perde dophou en foto's neem. Dis 'n bietjie winderig vanaand.En dan wag ons vir die perde .....party se pink of pershemp jokkie se perd kom net nooit verby nie. Dis altyd 'n lekker aand ....buite, kuier en eet met mooi perde as bonus.

Thursday, December 20

Tee by die paleis

'n Besoek na die Emirates Paleis hotel is altyd lekker en 'n moet vir kuiermense om te sien. Na nog 'n oggend in die winkels vir amper die laaste paar inkopies saam met Charmaine, ontmoet ons mekaar by die hotel vir tee.
Die hoofingang bly nog altyd vir my iets ysliks. Dit word natuurlik net oopgemaak vir baie belangrike mense wat na die deel toe gaan waar die royals uithang. Ons ander moet maar by die syhek in.
Vanjaar se kersboom is baie groot en Nelmari wat nie te kort is nie, lyk sommer verdwerg langs die boom.
Koek en 'koffie (tee vir sommiges) is 'n ernstige storie en mens moet diep daaroor dink lyk dit vir my as ek so na Corli en Charmaine kyk.

Die geweefde mat wat die hotel in die aand uitbeeld is baie groot
Aan die anderkant is die hotel ind ie dag. Ek wonder hoe lank het dit hulle geneem om die mat te weef.
Een van die "klein" hotelvensters waar Annie en Corli staan. Buitekant die hotel se strand.

Die hotelontvangs en die twee kuier saam met die oorlede Sheikh Zayed en huidige een Sheikh Khalifa.
Doer in die verte kan julle vir Annie, Corli en Nelmari sien afgestap kom van die hotel af. Hier reg voor op die foto is 'n waterfontein.
Annie trek haar skoene uit en vat die kortpad motor toe....deur die fontein.

Weet nie of sy die reendans doen of vir die water koes nie.
Corli was tydens haar vorige besoek by die dhowyard so sy kan toergids speel en vir haar ma van die bote verduidelik.
Die Diwan paleis op die agtergrond. Hulle bou aan noudat daar 'n nuwe sheikh in bly en dit lyk soos twee woonstelblokke wat aangebou word so groot is dit.

19de Straat se strand en die twee kan nie glo die see kan so rustig wees nie.
Ek dink dis skulpies wat hule hier afneem ....
Die aand was ons internasionale Kers sangaand. Corli en Annie het die geleentheid gehad om hier in die Midde Ooste saam met ons in Afrikaans te sing. Hier is ons SA "band" besig om my af te neem maar ek kon ook 'n skoot inkry. Meer oor hierdie aand vertel ek vir julle later.

Meisies en malls

Ons meisies het bietjie deurgery Dubai toe om te sien hoeveel van die malls daar ons vir Annie en Corli gewys kan kry in 'n daggie. Hier is die foto's. Ons het net by drie uitgekom: die Ibn Battuta, Mercato en Madinat Jumeirah mall. (As julle meer wil weet omtrent die malls, kyk na ander blogs daaroor by labels.)

Wednesday, December 19

Strate en bietjie kultuur

Die vorige twee dae het ons die strate in en om Abu Dhabi ingevaar en bietjie aan die inkopielys en kultuur gewerk. Eerste op ons lys vir die dag was die lapwinkels. Nou in 'n vorige blog het ek vertel dat daar honderde lapwinkels is en dat materiaal hier nogal goedkoper as by die huis is. Vir iemand wat naaldwerk doen soos Annie is so 'n uitstappie 'n noodsaaklikheid.

Hier is sy en Corli oppad na van die materiaal winkels.
Die winkeltjies is almal redelik beknop en toegepak onder die materiaal aan die onderkant, dan moet jy nog trappies op tussen die rolle om te gaan kyk wat is bo.
Daarna besoek ons die wit paleis waar vroeer jare die heerser van die land ingebly het. Hulle is op die oomblik besig met restourasiewerk daar.

Aan die binnekant in een van die binnehowe van die paleis.
Die twee van hulle op die dak. Na die anderkant toe kyk mens mooi uit oor die dorp.
Corli loer uit deur die klein deurtjie. Waarvoor sou hulle dit gebruik het. Dis te klein vir 'n mens en hulle is nou nie juis troeteldiere nie :-). Miskien vir die baba kameel???
Net agter die wit paleis is die cultural foundation waar ons vinnig 'n koeldrank gaan drink het. Hier rus Annie en Corli by een van die tradisionele "sitkamers".
Waar die geverfde kamele vroeer gestaan het, is daar nou 'n klomp snaakse manne. Ons kan nie agter kom wat hulle verteenwoordig nie. Hou hulle hul maag en oor vas oor hulle lag of is dit oor- en maagpyn wat hulle het. Die twee vroue het by hulle aangeluit.
Die oggend/middag toer is afgesluit by die goud souk. Hier loer die twee in al die winkels. (moenie worry nie Gerhard, dit winkels was besig om toe te maak, so geen aankope is gemaak nie).

Maandagoggend was ons vroeg in die pad want hulle wou laat hande henna. Ongelukkig was die plek tjok en blok van swartrokke omdat almal tydens Eid (nog 'n vakansiedag van hulle) hulle hande gehenna wou hĂȘ. Ons is toe af Womans Foundation toe om daar te gaan kyk hoe die vroue tradisionele goed maak. Hier staan die twee by van die weefgoed.
In die museum en die twee staan by 'n tipiese Arabiese gesin
Annie beloer en beruik die speserye wat hulle gebruik.

Ons pas weer klere aan. Hier staan Corli met 'n tradisioinele uitrusting.
Annie pas die pienkrok aan
DIe drie van hulle opgetof. Terwyl Annie en Corli se rokke op die grond sleep, is Nelmari s'n te kort vir haar.

Gelukkig vir hulle is daar iemand wat henna op die womans foundation en nadat ons langer as 'n uur en half vir haar gewag het, word die twee se hande gehenna. Drie uur later en hier staan hulle met die "vuil" hande.
Nog is dit nie die einde nie. Annie loer in by 'n tradisionele materiaal winkel.
Die aand het ons 'n "sleep-over" by Charmaine waar ons flieks gekyk het en sommer net lekker gekuier het.

Monday, December 17

Ons loer in by die Al Ain Palace Museum

Met ons besoek aan Al Ain het ons ook 'n draai by die Al Ain Palace gemaak. Eers geloer in hulle boekie oor die tye en was baie teleurgesteld toe ons lees "Saturday is amentenance day". Na lag en uitwerk dit beteken seker maintenance besluit ons om sommer net daar verby te ry en 'n foto van die buitekant te neem. Met ons geluk is dit toe oop en kon ons binne gaan loer hoe dit lyk. Vir Annie se NZ vriende en sommer net omdat hulle (die ouens wat die boekie gedruk het) sulke snaakse Engels gebruik, quote ek uit die boekie vir die eerste paragraaf in bold. (The bold description from the local tour guide book)

"The first thing the visitor can see, of this great Edifice, is the heightened Wall sharpened from top, with Castles from front, defensive Spindles, and Doors made of wood showing marvelous rarity of Art in its make expressing the skill of the UAE citizen. When the visitors arrives Al Ain, he will be received, very well, by the director and the staff who are responsible for guiding the Visitors of both sexes, dressing the Arab National Uniform an presenting the Arabian Coffee while touring the palace" Natuurlik is dit in hulle Engels en het ons ook glad nie die koffie gekry nie. Maar hier is Annie by die wagte. Let op dat hulle baard dieselfde geskeer is as die vorige Sheikh s'n.
Die eerste prentjie wat ek van die paleis af sien. Onder die boom staan 'n ou landrover bakkie wat sy eerste motor was.Die gebou waar hulle in geskool en van die Quran geleer het.Orals is sulke lang stoepe (is dit 'n woord?) waar kamers van uitloop.


Vandag het hulle kunswerke en foto's van die sheikh in van die gange gehang (ok dis nie stoepe nie, dis gange).


Die materiaal wat hulle gebruik het om die geboue te bou vroeer was modder, melk, klippe, bakstene, palmbasse, strooi en hout vir die balke en deure soos die een op die foto.In die "sitkamers" is daar sitplekke soos hierdie. Annie vat 'n ruskansie.



Hier staan Annie en Charmaine in van die tradisionale klere wat hulle onder die swart abajas dra. Elkeen het ook 'n burka (bulbar soos ek dit noem) op.



Annie dressed up in a traditional abaya (Lyk sy soos 'n Arabiese vrou?)




We had a problem to control Annie ... wanting to take a nap on one of the old beds.



Hier probeer hulle die kruik optel.


Die tuine met die waterhouers wat in die boom hang

Charmaine loer in die groot potte in die kombuis. Groot genoeg om 'n paleis te voer.
Hier loer die twee rond waarnatoe ons volgende stap

Binne van die kamers is 'n foto van Sheikh Zayed met sy 19 seuns. Ja ... 19 van hulle en dan het ons nog nie eers die dogters bygetel nie. Verbeel my ons het 'n minister ook met soveel kinders

Hier rus die twee alweer in 'n ander sitkamer


Die hoof sitkamer vir die mans is baie mooi kleurvol.....

Met baie van die sheikh se persoonlike foto's, wapens en goed in.