Op 'n vorige keer het ek vertel van ons besoek aan Ski Dubai hier Toe het ons egter net in die sneeupark rondgehang. Die park van 3000 vkm is die grootste binnehuise sneeupark ter wereld en ek het self 'n stukkie grond daar gekoop. Met die laaste daggie of twee wat oorgebly het van ons besoekertjies, moes die klein Switzers natuurlik gaan ski.
Ski Dubai is deel van die Mall of the Emirates in Dubai. Vir julle ouens wat van statistieke hou .... 22,500 vkm (gelykstaande aan 3 voetbalvelde) is reg deur die jaar toe onder die sneeu. Die lelike grys deel is die ski gedeelte. Hier kan mens in die sneeupark of die ski heuwels (slopes) baljaar.
Elkeen word toegerus met die regte klere, skoene en toerusting. Hier trek Stella en Leo hulle skoene aan - dis nie maklike skoene nie. Die plek kan 1500 besoekers op een slag akkommodeer en dis nogal baie dink ek.
Nadat jy aangetrek is, word die regte ski's of snowboard, afhangende wat jy doen aan jou uitgereik nadat hulle eers seker gemaak het van die grootte. Leo is baie trots op sy ski's wat hy ontvang het.
Die drie van hulle gereed om in te gaan en baie opgewonde. Vir mense wat nie kan ski of snowboard nie is daar "afrigters" beskikbaar vir lesse.
Daar is 5 ski hellings/roetes wat gedoen kan word met verskillende moeilikheidsgrade. Die twee is baie lus om te begin en die temperatuur 'n "gemaklike" -1 tot -2 grade (Lekker in die woestyn!).
En dan is hulle oppad boontoe met die ski-hysbak. Die hoogte van die helling is 85 meter hoog (25 verdiepings) met die langste helling 400 m met 'n val van 60 m.
Vir twee uur het die drie op die sneeu rondgeski en blykbaar nie so baie geval nie. Hulle was lekker moeg aan die einde van die dag.
Die laaste van die reeks golflesse het ook ten einde geloop en die hoogtepunt was 'n geleentheid op die groot golfbaan van die Abu Dhabi Golf en Equestion klub. Die tweetjies gereed vir die rit in die golfkarretjie. Lateraan het Leo ook die geleentheid gehad om die karretjie te ry en hy het dit omtrent geniet.
Dis 'n verskriklike mooi golfbaan in die middel van 'n perderesies baan. Hier wys die pro Craig vir hulle hoe die baan werk.
Stella oefen haar hou voordat sy slaan.
Leo na een van sy dryfhoue.
En dan is die Afrikaanse-vakansie op 'n einde ... met 'n roomys! Ons het julle kuiertjie geniet Stella en Leo en hoop julle het ook lekker saam met ons gekuier. Moenie ophou om julle Afrikaans te oefen nie!!



Christine in die foto-album (regs) is van die kinders se foto's vir jou om af te laai.