Die vorige twee dae het ons die strate in en om Abu Dhabi ingevaar en bietjie aan die inkopielys en kultuur gewerk. Eerste op ons lys vir die dag was die lapwinkels. Nou in 'n vorige blog het ek vertel dat daar honderde lapwinkels is en dat materiaal hier nogal goedkoper as by die huis is. Vir iemand wat naaldwerk doen soos Annie is so 'n uitstappie 'n noodsaaklikheid.
 Hier is sy en Corli oppad na van die materiaal winkels.
 Hier is sy en Corli oppad na van die materiaal winkels. Die winkeltjies is almal redelik beknop en toegepak onder die materiaal aan die onderkant, dan moet jy nog trappies op tussen die rolle om te gaan kyk wat is bo.
 Die winkeltjies is almal redelik beknop en toegepak onder die materiaal aan die onderkant, dan moet jy nog trappies op tussen die rolle om te gaan kyk wat is bo. Daarna besoek ons die wit paleis waar vroeer jare die heerser van die land ingebly het.  Hulle is op die oomblik besig met restourasiewerk daar.
 Daarna besoek ons die wit paleis waar vroeer jare die heerser van die land ingebly het.  Hulle is op die oomblik besig met restourasiewerk daar. Aan die binnekant in een van die binnehowe van die paleis.
 Aan die binnekant in een van die binnehowe van die paleis. Die twee van hulle op die dak.  Na die anderkant toe kyk mens mooi uit oor die dorp.
 Die twee van hulle op die dak.  Na die anderkant toe kyk mens mooi uit oor die dorp. Corli loer uit deur die klein deurtjie.  Waarvoor sou hulle dit gebruik het.  Dis te klein vir 'n mens en hulle is nou nie juis troeteldiere nie :-).  Miskien vir die baba kameel???
 Corli loer uit deur die klein deurtjie.  Waarvoor sou hulle dit gebruik het.  Dis te klein vir 'n mens en hulle is nou nie juis troeteldiere nie :-).  Miskien vir die baba kameel??? Net agter die wit paleis is die cultural foundation waar ons vinnig 'n koeldrank gaan drink het. Hier rus Annie en Corli by een van die tradisionele "sitkamers".
 Net agter die wit paleis is die cultural foundation waar ons vinnig 'n koeldrank gaan drink het. Hier rus Annie en Corli by een van die tradisionele "sitkamers". Waar die geverfde kamele vroeer gestaan het, is daar nou 'n klomp snaakse manne.  Ons kan nie agter kom wat hulle verteenwoordig nie.  Hou hulle hul maag en oor vas oor hulle lag of is dit oor- en maagpyn wat hulle het.  Die twee vroue het by hulle aangeluit.
 Waar die geverfde kamele vroeer gestaan het, is daar nou 'n klomp snaakse manne.  Ons kan nie agter kom wat hulle verteenwoordig nie.  Hou hulle hul maag en oor vas oor hulle lag of is dit oor- en maagpyn wat hulle het.  Die twee vroue het by hulle aangeluit. Die oggend/middag toer is afgesluit by die goud souk.  Hier loer die twee in al die winkels.  (moenie worry nie Gerhard, dit winkels was besig om toe te maak, so geen aankope is gemaak nie).
 Die oggend/middag toer is afgesluit by die goud souk.  Hier loer die twee in al die winkels.  (moenie worry nie Gerhard, dit winkels was besig om toe te maak, so geen aankope is gemaak nie). Maandagoggend was ons vroeg in die pad want hulle wou laat hande henna.  Ongelukkig was die plek tjok en blok van swartrokke omdat almal tydens Eid (nog 'n vakansiedag van hulle) hulle hande gehenna wou hĂȘ.  Ons is toe af Womans Foundation toe om daar te gaan kyk hoe die vroue tradisionele goed maak. Hier staan die twee by van die weefgoed.
 Maandagoggend was ons vroeg in die pad want hulle wou laat hande henna.  Ongelukkig was die plek tjok en blok van swartrokke omdat almal tydens Eid (nog 'n vakansiedag van hulle) hulle hande gehenna wou hĂȘ.  Ons is toe af Womans Foundation toe om daar te gaan kyk hoe die vroue tradisionele goed maak. Hier staan die twee by van die weefgoed. In die museum en die twee staan by 'n tipiese Arabiese gesin
 In die museum en die twee staan by 'n tipiese Arabiese gesin Annie beloer en beruik die speserye wat hulle gebruik.
 Annie beloer en beruik die speserye wat hulle gebruik. Ons pas weer klere aan.  Hier staan Corli met 'n tradisioinele uitrusting.
 Ons pas weer klere aan.  Hier staan Corli met 'n tradisioinele uitrusting. Annie pas die pienkrok aan
 Annie pas die pienkrok aan DIe drie van hulle opgetof.  Terwyl Annie en Corli se rokke op die grond sleep, is Nelmari s'n te kort vir haar.
 DIe drie van hulle opgetof.  Terwyl Annie en Corli se rokke op die grond sleep, is Nelmari s'n te kort vir haar. Gelukkig vir hulle is daar iemand wat henna op die womans foundation en nadat ons langer as 'n uur en half vir haar gewag het, word die twee se hande gehenna.  Drie uur later en hier staan hulle met die "vuil" hande.
 Gelukkig vir hulle is daar iemand wat henna op die womans foundation en nadat ons langer as 'n uur en half vir haar gewag het, word die twee se hande gehenna.  Drie uur later en hier staan hulle met die "vuil" hande. Nog is dit nie die einde nie.  Annie loer in by 'n tradisionele materiaal winkel.
 Nog is dit nie die einde nie.  Annie loer in by 'n tradisionele materiaal winkel. Die aand het ons 'n "sleep-over" by Charmaine waar ons flieks gekyk het en sommer net lekker gekuier het.
 Die aand het ons 'n "sleep-over" by Charmaine waar ons flieks gekyk het en sommer net lekker gekuier het.   
 
No comments:
Post a Comment