Friday, December 7

Vakansie van EET en werk

Die seuns is nou 'n week by die huis en William se maag is nie meer "gekrimp" soos hy sê. Dus moet al die plekke waar hulle lanklaas was weer besoek word. (Moet noem dat dit meerendeels William is wat die kos wil hê en nie James nie)



Natuurlik is Fuddruckers een van die plekke bo-aan die lys. Hier sit die manne en melkskommel drink.
Hulle het van die grootste hamburgers wat ek al ooit gesien het. Die patty op Will se hamburger is 'n halwe kg en dan is dit nie eers al die ander goed soos sampioene, spek ens. by nie. Dit lyk maar net asof hy sukkel om te hap ..... hy het mooi niks gemors of oorgehou nie.
Die laaste twee dae is ons ook ernstig besig om al die ou klere uit te gooi want die helfde van die seuns se klere en goed is nog by die huis. Gister was daar ernstig gewerk. William is die "lui" een as dit by regpak of uitsorteer kom. Hy het vasgehak by sy ou klein micro machine motortjies en speelgoed ...tot James hom ernstig vertel het dat mens dink nie sentimenteel nie, jy gooiweg wat jy nie weer gaan gebruik nie. Maar hier vang ek hom "ou" klere aanpas....
Neeeee, hy's nie van Australie nie en gelukkig beplan hy ook nie om te wees nie, hy het net baie sentimentele gemors
Die hele skoonmaak poging is vir William vet pret en hy neem net nooit enigiets ernstig op nie. Hy maak dit sy saak om iemand wat nie lag nie aan die lag te maak.
My arme seuns het mos nie klere nie. Hier is twee van die sakke klere van hulle "nie-bestaande" klere wat nou weggegee kan word.
Nee ons maak nie 'n sportwinkel oop nie, dis net al die sportskoene wat NIE meer gebruik word nie. Hulle dra mos skoene by die meters en al het James gesê geen sentiment nie ....moes julle die seuns hoor met die skoen, dis volleyball, basketbal, sokker, rugby, atletiek en pluimbal herinneringe. Alhoewel dit vir hoelank nie gedra is nie, IS dit nodig en kan dit nie geskenk word nie. Aan die einde van die dag was die manne lekker moeg, party meer as ander, en hopelik sal die huis vandag die helfde minder goed in hê, ne James?

No comments: