Met die moee Annie en Corli op sleeptou is ons af Al Wahda Mall toe vir die nodige klere terwyl die tasse iewers op reis is. Gelukkig kry hulle wat nodig is en daarna 'n geleentheid vir hulle om Charmaine te groet. (Na werksure Elriza)

Ons kry mekaar by Chocholat (The Galler), die restaurant met die lekkerste lekker warm sjokolade. Om die waarheid te sĂȘ mens kan hier selfs steak met 'n sjokolade sousie of sjokolade sop kry om te eet. Ons besluit om the "Sjokolade deur die eeue reis" sodat Annie en Corli die geure kan proe. Jy kry 3 klein koppies sjokolade uit die 14de, 16de en 18de eeu wat verskillende geure het en dan moet jy raai watter geur.
Corli toets watter smaak sy die meeste van hou sodat sy daai koppie laaste kan drink.

Charmaine en Annie bespreek ernstig die geure .... wat kan dit wees, kaneel, heuning, anys? .... wie sou chili raai?

As jy dan klaar is, kan jy die pierings oplig en kyk hoever jy reg en/of verkeerd was. Corli het twee van die 6 geure reg en Annie een.

No comments:
Post a Comment