Saturday, December 1

Ons kuier

Vandag was weer een van daardie lekker herfs/winter dae waar die temperatuur net so by die 28 grade gedraai het. Dis regtig 'n plesier om nou buite te stap of selfs buite te sit en kuier - iets wat mens nooit in die somer sal waag nie.



Die seuns was gou-gou weer honger na hulle baie vroee ontbyt en eenparig op die Brauhaus vir hulle eerste vakansie ete besluit. Mensig ek dink regtig dat daar nie so baie kos in die koskaste en yskas in Bloemfontein was nie, die manne het omtrent 'n eetlus! Hierdie is die uitsig van die restaurant waar ons buite gesit het.



Die manne lyk ernstig terwyl hulle eet en het elkeen 'n hele paar borde van die Duitse buffet kon eet. En na drie borde sê William ernstig "Ek kan nie meer so baie eet nie, my maag het gekrimp" . Ek vermoed die restaurant was bly dat sy maag wel gekrimp is.


Oooooohhh dis lekker om weer al hierdie vleis te eet sê James terwyl hy 'n bord vol vleis eet.
Ek geniet dit net so wys William. Hy het darem 'n bietjie salmon in plaas van baie vleis geeet.


Hulle is nog net een dag by die huis, maar al klaar kan ek sien dat daar ernstig opgevang gaan word met die etery.

2 comments:

DJ said...

Hallo Tannie, mis ek darem nou ook om daar te kuier ;-( maar die kerk gee my nie vakansie die Desember nie, eina! Liefde Groete vir Tannie. Elriza

Anonymous said...

Ons mis jou net so hier maar jy moet weet elke keer as ons iewers koffie/tee drink dan praat ons van jou en selfs as daar "specials" in die winkels is. Sterkte met alles wat nou aan die gebeur is, ons dink aan en bid vir julle. Liefde