Monday, December 3

Kyk bietjie hier

Ek sukkel nou al 'n week of so om hierdie video'tjie afgelaai te kry en hoop dat julle dit wel sal kan sien. Ons sang by die kindergroep is 'n baie belangrike deel van die "les" wat ons elke week gee en die kinders oud en jonk geniet dit om saam te sing en dans. So drie weke terug het hierdie twee pre-kleuters by ons aangesluit en kyk net hoe vinnig het hulle die bewegings aangeleer!!!


Dis klein Mia en Emma wat altwee net twee geword het. Sit die klank aan en kyk 'n bietjie

1 comment:

Anonymous said...

AG MY MOEDER!!!! Kan mens hierdie goetertjies nie opvreet nie. Wat 'n voorreg om te sien hoe die kinders leer om te sing en Vader te prys. Ons kan so baie van hulle leer. Charmaine