Tuesday, December 4

Kersprogram by die Afrikaanse Kerk

Mens weet die einde van die jaar is op jou as die Kersprogramme begin. Verlede Vrydag (ons Sondag hier) het die Afrikaanse kerk hulle Kerssangaand gehou en ons kindergroep was deel van die verrigtinge.

Ek en Charmaine het stukkies voorgelees en die kinders het die adventkerse van hoop, liefde, vrede en vreugde aangesteek. Ds Gert het die "diens" gedeelte gedoen en die gemeente het al die feesliedjies tussen-in gesing.

Die Abu Dhabi deel van die gemeente is nog nie so groot nie, maar getalle moet nie saak maak nie. Hier sluit ons af met Stille Nag. Altyd spesiaal om dit te sing, en meer in 'n vreemde land as mens dit in Afrikaans kan sing.

Gaan loer bietjie by

http://adkindergroep.blogspot.com/2007_11_01_archive.html

en kyk die storie van die sangdiens. (As jy op die link kliek sal jy direk by die storie uitkom.)

No comments: