Tuesday, December 18

Ons soek die souk

Met ons Al Ain trip het ek ook die geleentheid gehad om vir die eerste keer 'n kameel souk te besoek en dit was regtig baie interessant

Daar is klompe kamele in kampies van klomp verskillende lande soos Saudi, Oman, Kuwait, ens.
Ons het redelik pret gehad. Met ons stop by die souk het 'n ou dadelik op die kar afgepeil, die deur oopgemaak en homself voorgestel. Charmaine is altyd die ordentlike een en groet nog so, toe vat hy haar kamera en daar gaan hy. Draai net elke nou en dan om en roep haar om te volg. Goeie maatjies soos wat ons veronderstel is om te wees, volg ons haar, net om daar te wees.
Eintlik wys hy ons 'n klein babakameel en voordata hulle enigiets kan sê, haal hy sy hoed af en sit dit op hulle kop en neem 'n foto met die kamera. Hier staan Annie met die hoed op haar kop.
Die baba kameel waarvoor ons die vreeslike sand aangedurf het. Hy's darem oulik.

Van die ander kamele wat rustig staan en eet. Hulle het vir my die pragtigste oe.
Annie krap een se oor wat vreeslik gou kom kennis maak het.
Hierdie klein kameel het met sy kop op sy ma se poot gelê en slaap.
Blykbaar is hierdie outjie dhs5000 werd. Hulle is eintlik resies kamele
Die klomp kleintjies staan en loer na ons in die motor
Daarna besoek ons die Oase en Annie gaan neem gou die restaurant binne-in se deur af.
Waarna sal sy hier kyk?
Dan volg die kleinvee souk. Die ou trokke staan permanent hier ... die bokke word natuurlik verkoop en vervang. Goeie advertensie vir Datsun.
Ete by die pub by die Al Ain hotel voordat ons die pad terugvat huis toe.Met die weer wat effens koeler is, blom alles so mooi. Hierdie is langs die pad oppad terug Abu Dhabi toe.
Een van die mooi brue waaronder ons deur ry
Ons wil Annie darem geleentheid gee om ook in die woestyn te loop. Hier stuur ons haar woestyn in.

Is dit ver genoeg ouens vra sy?
Die son sak en ons is amper by die huis. Dit lyk alles so mooi met die duine

2 comments:

Muriel said...

Ek was nou in ekstase oor hierdie inskrywing!!

Sandra ek het so baie gemis!! Ek het jou blog heeltemal te laat in my lewe ontdek!!

Jy maak dit vir my so lekker!! Dit voel of ek daar is!!

Jou blog sit 'n sparkle in my dae!!

Baie dankie!!

Thea said...

Ek voel ook soos jy Muriel!!

Sandra, jou blog maak 'n ander wêreld vir 'n mens oop! Interessante plek hierdie kameelsouk!