'n Propvol dag wat ons rustig wil afhandel en tog baie goed sien. Die besoekers het darem 'n bietjie slaap ingekry.

Hulle sit nog in die bed toe 'n moontlike dagplan voorgehou word ...bly hulle lyk minder vaak as die vorige aand.








Die gat-in-die-grond toilet ~ so noem ons die toilet vir die Arabiese vroue. Ek kon nog nooit die toilet uit figure nie, maar mens staan en wat dan van die rok en die water? Alhoewel hierdie ouens altyd wil was voor hulle gaan bid, is hulle badkamers morsig want die spuiter wat Annie hier vashou word gebruik om skoon te spuit ...en daar is geen handdoeke of papier in sig. Dit dalk hoekom hulle swart rokke dra??

Die eetboot op die breakwater. Kyk die mooi kleur van die water vandag.

Koffietyd by die Hilton en Annie drink 'n klein koppie latte.

Dan is ons vinnig by die huis vir 'n min of 30 en hulle gryp die kans om die banksake te doen. Annie lyk heel slim met daai bril ... maar ons weet foto's kan bluf :-) en sy kry nie kans om die blog te lees nie.


1 comment:
Ja maat as die kameel maniere het kan mens rustig op en af...Ek hou van die gat in die grond toilet pose... :-)
So spyt ek werk. Julle het te veel fun. Ek dink ek moet aftree. Charmaine
Post a Comment