Sunday, December 9

Kuiermense uit NZ!!

Eindelik na 'n lang wag is dit tyd vir Annie en Corli om te kom kuier en vroeg oggend, 4.00 vm is James en Eddie Dubai toe om hulle te gaan haal. Die vlieg land 5:30vm, maar daar is geen vliegtuig of Nortje's in sig nie. Eddie hoor dat weens die mis het Annie en Corli besluit om sommer in Al Ain te land.
En so begin die gewag ..... Om 10:50, 4 en 'n half uur na die beplande tyd kom die sms van Annie, ons is hier wag net vir bagasie. 20 min later .... ons bagasie is deurmekaar hulle sal dit kom aflaai.
Amper halftwaalf kom die twee deurgestap .... hulle reis lig ne?Annie en James groet. Almal is bly dat hulle uiteindelik veilig en op die grond is.
James groet vir Corli. Hopelik sal hulle hul tasse vanaand hê, maar net vir ingeval sal ons maar moes winkels toe vir klere. Elriza, Corli sê sy gaan jou mis by Marina Mall.
Natuurlik met besoekers sal die kinders 'n bietjie rus kry van die mamaratzi en ek het nuwe "onderwerpe" om af te neem.

No comments: