Tuesday, January 7
Tyd vir bietjie avontuur
Tuesday, January 10
Die Oase dorp
Met die land wat so 'n daggie of twee vakansie gehad het oor die Nuwe Jaar en die heerlike koeler weer wou ons 'n slaggie weer gaan kuier in Al Ain, die tuindorp van die UAE. Ek gaan nie weer 'n hele klomp foto's wys en vertel van die dorp nie, net nuwe updates :-).
'n Besoek aan die dieretuin was eerste op die lysie want mens kan actually nou in die dag in die son loop. Nie baie plekke wat mens kry wat lyk asof die moskee binne die dieretuin is nie.
Ons kon lekker rondloop en kyk en party het selfs 'n baadjie gedra so koel was dit.
Berge is daar nie baie in die land nie, dus neem mens hulle af as jy voor, langs of bo-op hulle is.
Van die dieretuin na nr 2 op die lysie, die berg Jebel Hafet. Hier is daar baie verandering vandat ons laas daar was. Daar is nou 'n pad wat mens kan oploop boontoe en die meisies het dit gedoen en daar is selfs tafeltjies en stoeltjies sou jy wou stilsit in die son. Maar soos orals in die wereld het 'n paar dwase ook hulle name op die berg begin skryf.
Die sheik se paleis sit nog hoog waar die arende vlieg met 'n hele nuwe uitkyktoring aanbouing op die foto onder regs.
Ek verkyk my nog elke keer aan hoe groen hulle besig is om die berg en omgewing te maak met hulle aanplantings
Orals is daar ook nou inligting oor die berg en wat hulle alles al daar ontdek en uitgegrawe het, dus het die "ons het die berg al gesien" nou baie nuwe stories vir ons gehad.
En soos mens aan die onderkant van die berg kom is die sproeiers vol oop besig om die berg se nuwe gras nat te spuit.
Altyd lekker om in Al Ain te gaan draai, dit voel nog baie platteland.
Almal wat terug is by die werk, sterkte!!
Monday, April 27
Ons is weer kinders
Met die aankoms lyk dit maar woestynerig, met beelde van diere as 'n aanduiding daar is 'n dieretuin en op die kaart lyk dit nogal groot maar kyk na die foto waar Nelmari saam met die flaminke is, is dit 'n woestyn?!
Hierdie dieretuin is in 1969 amptelik geopen en huisves veral boksoorte en diere van die steek. Ons het lank gestaan en kyk na 'n baba bokkie wat nie geweet het waar sy/haar mamma is nie. Die oryx het besluit om dit sommer te neem en wou haar glad nie afstaan toe die mamma terugkom nie. Dis seker ook een van die min dieretuine waar jy 'n moskee op die agtergrond sal kry. Nelmari lyk baie in haar skik met die uitstappie, kyk net daai gesig.
Ek het noual genoem dat dit vreeslik warm was en die diere was maar lui en het op allerhande maniere probeer koel bly. Die meerkatte was egter die mees aktiewe dier in die dieretuin en het vir baie vermaak gesorg.
Die een wat ons simpatie gekry het was die gorilla. Nadat sy maatjie onlangs oorlede is, het hy net gesit en wou glad nie eers vir ons deur die venster loer nie. Nelmari en Charmaine het die ou altwee probeer beraad, maar hy wou niks hoor nie.
Tussen die hokke is daar darem sulke skadu tente wat lekker is, met sproeiers wat elke nou en dan aangaan en die mense spuit soos hulle verbykom (dis nou soos daai spoeiers wat hulle tydens die maratons ook gebruik). Die voels bo die hok laat my dink aan mense, wat altyd wil wees waar ons dink die gras is groener. Hulle is vry maar drom saam om binne die hok by die ander te wees wat heelwaarskynlik liewers buite wil wees. 
Lekker London dairy roomys terwyl ons wag in die skadu vir die treintjie. 'n Boom hier gee nie koelte nie, maar wel 'n bietjie minder son op mens se kop.
'n Plek waarnatoe ek nie wou gaan nie was die slanghokke, maar daar is A/C in, so vinnig afkoel voordat ons klaar maak. Aanwysings oor wat ons mag saamneem binnetoe ... kan julle lees wat daar staan?
Warm maar lekker gekuier saam met die diere. Nou vir 'n teetjie saam met die Sloans en daarvan vertel ek later.Monday, August 18
Klompe lekker ...
Tuesday, July 15
'n Vinnige draai in Al Ain
Eerste regbo die uitsig waar mens na Saudi en Oman se kant kan uitkyk en ook die plase aan die onderkant kan sien.
Tweedens en ek neem aan vir hulle die belangrikste, lei die pad na een van die paleise toe wat reg bo-op die berg gebou is. Kan julle indink hoe moeilik dit moes gewees het?
En die derde en nuutste toevoeging is die hotel in die middel. 'n Heerlike "oase" vir 'n warm dag.