Showing posts with label Corli. Show all posts
Showing posts with label Corli. Show all posts

Sunday, January 13

Pretoria het vir ons 'n lekker klomp reendae gegee en die tyd wat ons nie in die winkels gespandeer het nie, het ons gekuier en gekuier. James ek wil net sê dat William nie so 'n goeie shopper soos jy is nie. Hy haal aanmekaar die goed uit my hand en sit dit terug op die rak terwyl hy my herinner aan die tas se gewig. Glad nie lekker nie.
Ons het weer opgevang met die reisende Kiwi's. Hier het Corli en Annie kom kuier.
Ons kuier ook saam met Gwen en familie. Hulle het 'n nuwe baba in die huis, 'n baba papegaai Linke wat net aandag soek die heeltyd. Hier het sy William se skoot gekies om op te sit.
En hier moet hy ernstig krap. Dit was so snaaks om te sien hoe sy aandag soek. Sy sit in die hok dan steek sy haar poot deur die hok en probeer op allerhande maniere William se arm of hand nadertrek. As hy maak of hy haar ignoreer sê sy Allo!
Ons loer ook by die Wolmaranse in en dis lekker om al die nuus op te vang. Hier is William saam met Arnau en Riaan Reinecke.

Nou is ons oppad Kaap toe vir nog kuiers!!

Saturday, January 5

Sheikh se motormuseum

Ek het julle op 'n vorige keer van die motormuseum van die Reenboog Sheikh vertel, en hier is 'n paar foto's van die snaakse en gewone motors wat in sy private versameling reg in die middel van die woestyn staan.


As julle wil teruggaan na die ander blog oor die museum, kliek net op die label hieronder.

Thursday, December 27

Ons kyk perde

Dis nou winter in die land en mense soek elke moontlike geleentheid om buite te wees. Saam met die koeler weer word daar ook weer perdereisies gehou. Onder normale termperatuur hier is dit te warm vir selfs die perde. 'n Mede-SAfrikaner wat die gholfbaan bestuur het 'n gaping gesien en by die klubhuis tydens die perderesies begin BBQ aande hou.

Dit het so 'n gewilde bymekaarkomplek geword dat mens nogals voor die tyd moet bespreek. Ons vrouegroep het gaan "BBQ" as afsluiting vir die jaar voordat almal weggaan vir vakansie en natuurlik wou ons ook hê Annie en Corli moet saamkuier.

Die kosse is heerlik. Die buffet het vis, groente, slaaie en nagereg EN buitekant braai hulle allerhande lekker tjoppies, steak, mielies en aartappels (Ja ek weet ons eet alweer). Hier help Amelia en Annie hulle met bietjie groente terwyl Corinna ook naderstaan.

Op die resiesbaan langs die restaurant hardloop die perde wat behoort aan sheikh elke halfuur vir groot prysgeld.
So gou-gou word die perdeboekie beloer en perde gekies. Ek kan net noem dat dobbel in die land verbode is. Ons sou ook maar sleg gevaar het want mens kies g'n 'n perd volgens sy naam of die jokkie se hempkleure nie. Annie en Corli bespreek dit baie ernstig.
Amelia en Charmaine wil egter ook 'n perd kies wat moontlik kan wen.
Die seuns verkies om die kosse uit te probeer.

So tussen-in die etery kan ons afstap na die baan toe en die perde dophou en foto's neem. Dis 'n bietjie winderig vanaand.En dan wag ons vir die perde .....party se pink of pershemp jokkie se perd kom net nooit verby nie. Dis altyd 'n lekker aand ....buite, kuier en eet met mooi perde as bonus.

Wednesday, December 26

Eet, eet en nogmals eet

Ek dink julle almal weet waarvan ek praat as ek sê mens kan jouself nogal in 'n toestand eet tydens al die groot dae en feesvieringe. Ons het reeds met verlede week terwyl Annie en Corli hier was begin. As 'n laaste kuier/eet voor hulle vlug het ons gaan Friday Brunch by die Rotana hotel. Mense julle moet weet dat mens daar nogal kan eet totdat jy lam is.

Hier is 'n deel van die buffet. Al die restaurante in die hotel (en daar is nogal baie) pak kos uit en dan ipv jou doodeet by een restaurant, doen jy dit verskeie kere by al die restaurante.
Nelmari en Corli weet nie waar om te begin nie. Agter Corli is die nagereg buffet en iets wat mens nie kan mis nie.
Die twee durf die seekos buffet aan
Die weer is heerlik en ons kan buite sit en eet
Die volgende rondte en nou probeer hulle bietjie tradisioinele kosse
Water is gesond Annie!!
Die Mexikaanse kos word ook probeer
Almal verkeer vreetsaam
Nagereg word ook 'n viergang maal
Vrugte en water ....gesondheid!
So bietjie sjokolade en ander lekker goed ook
En roomys!!!
Nou ja toe Kersfees aanbreek is die buffet weer ons Kersete. (Mens moet nogal lank voor die tyd reeds bespreek) Die kosse is bykans dieselfde maar aan die groep wat optree kan mens sien dis nie ons gewone Buffet nie ---- dis Kersfees!
Die nagereg buffet is ook in 'n feestelik versier. Sjokolade in die vorm van kersbome en kersvaders ens. Sjoe die versoeking, wat vat mens en wat nie?
Oeps uitgevang ....Charmaine en haar seun Niel wat nou hier kuier
Van die hotel personeel sing kersliedjies terwyl hulle tussen die tafels deurstap.

Sunday, December 23

Laaste goedjies op die lys

Ek weet ek het julle al van kamele vertel maar onthou dis Abu Dhabi hierdie en ons is in die woestyn, dus sal daar altyd nog kameelstories wees. (Kameelstories beter as chemo-stories maat?) By die motormuseum is daar ook kamele waarom toeriste kan ry.
Hierdie een is reg om vir Corli 'n soentjie te gee.
Daarna het ons hulle ook die kameelresiesbaan gaan wys. Hierdie klompie is besig om al langs die 10 km lange baan te oefen. Die resies kamele is die met die kombersies oor.
Nie lank terug nie het jong kinders jokkie gespeel tydens wedrenne. Dit is nou volgens wet verbied en omdat die gewig op die kameel se rug lig moet wees, moes hulle 'n ander plan maak. Kyk mooi op hierdie ou se rug. Hulle het 'n remote sweep wat die ou piets terwyl hy hardloop. Ons het vir 'n tydjie gekyk waar hierdie ou geleer word om op die sweep te reageer maar hy was baie koppig en het geweier.
Swart kamele is nie net skaars nie, hulle is ook waardevol. Hierdie kleintjie was by die baan.
Na 'n lang woestyn trip is daar altyd iemand wat slaap. Nelmari en Corli het beide uiltjie geknip.
By die huis gekom was hulle glad nie meer moeg nie en speel toe singstar. Hier boelie Corli my arme oudste.

Elriza hulle sing darem rustig in vergelyking met jou

Die duikweg was ook op Annie se lysie. Hier word sy afgeneem saam met die Arabiese vroue wat die haredans doen.
Corli, Arabier met valk en Annie. Pragtige mosaik teels. (Annie en Corli is rerig)
Die drie stap terug deur die duikweg. Charmaine, Corli en Annie
Onder die palmbome
Die naaste wat hulle by Eddie se werksgebou sal uitkom.
Natuurlik moes ons nog aandete ook ....Corli vat 'n hap

Saturday, December 22

Oortreffende trap in die woestyn

Ek het al vantevore oor die Reenboog Sheikh en sy GROOT motors vertel en 'n besoek aan Abu Dhabi is nie volledig as mens nie ook die sheikh se motor museum besoek nie. So met Annie en Corli se vakansie hier by ons wat einde se kant toe staan, het ons hulle gaan wys.
Die groot Dodge Trok in die middel van die museum. Sien hoe groot hy is teenoor die bakkie.
In een van die spaarwiele is 'n speelplek vir kleintjies gemaak. Corli sit in die middel van die buiteband.
Hier probeer sy uit klim
Die reenboog sheikh se reenboog mercedes. Annie en Corli loer. Daar is ook 'n mercedes in elkeen van die reenboog kleure. Ek blok anderdag oor die motors in die museum
Corli probeer binne die ou groot Mercedes buite die museum se wiele klim.
Sy kry dit nie heeltemal reg nie
James bo-op die wiel
Hierdie is 'n ark tipe karavaan met klomp kamers vir .... ek weet nie wat. James lyk eintlik klein.
Nelmari kom net-net halfpad by die wiel
Die ander karavaan lyk soos 'n aardbol. Hier wys Nelmari waar sy Januarie gaan wees.
Corli probeer verduidelik waar in NZ sy bly.
Nelmari, Annie, Corli en Charmaine oppad na die karavaan se ingang.
James besluit om soos 'n uil op 'n kluit te sit
Meer uile.... Ons vat 'n eet en drink breuk
Corli geniet die broodjie wat sy self gebou het
Dan is die bult op na die klein LandroverIets het verkeerd gegaan met hierdie parkering
Soos ek al vantevore geblok het, word die landrover vir 'n winkel gebruikJulle moet verstaan dat hierdie "winkel" in die woestyn is. Maar dit verhoed nie dat mens enige iets van water tot 'n TV kan koop nie.
Die bokant van die Landrover is 'n plek met tafeltjies as jy ietsie sou wou drink. Hulle sal seker broodjies ook maak. Kyk by die venster en sien die woestyn.
Corli waai van bo af.