Dis nou winter in die land en mense soek elke moontlike geleentheid om buite te wees. Saam met die koeler weer word daar ook weer perdereisies gehou. Onder normale termperatuur hier is dit te warm vir selfs die perde. 'n Mede-SAfrikaner wat die gholfbaan bestuur het 'n gaping gesien en by die klubhuis tydens die perderesies begin BBQ aande hou.

Dit het so 'n gewilde bymekaarkomplek geword dat mens nogals voor die tyd moet bespreek. Ons vrouegroep het gaan "BBQ" as afsluiting vir die jaar voordat almal weggaan vir vakansie en natuurlik wou ons ook hĂȘ Annie en Corli moet saamkuier.

Die kosse is heerlik. Die buffet het vis, groente, slaaie en nagereg EN buitekant braai hulle allerhande lekker tjoppies, steak, mielies en aartappels (Ja ek weet ons eet alweer). Hier help Amelia en Annie hulle met bietjie groente terwyl Corinna ook naderstaan.

Op die resiesbaan langs die restaurant hardloop die perde wat behoort aan sheikh elke halfuur vir groot prysgeld.





1 comment:
Hallo Sandra,
Ons hou jou blog al geruime tyd dop(maand of twee) en wil net dankie se vir die tyd/moeite wat jy insit.
My naam is Siegfried Rademeyer, my vroutjie is Mariette en ons het 'n pragtige 22 maand oue seunie, Christiaan. Aangename Kennis!
Post a Comment