Dis vandag 2 Desember en die Nasionale Dag van die Verenigde Arabiese Emirate en die afgelope weke was die land besig om voorbereidings te tref om die dag te vier.

Vlae is orals te koop en word opgehang en selfs motors is versier (ek het nog nie prentjies daarvan geneem nie). Hier is die grootste vlag ter wêreld by die Abu Dhabi Cornish.











Ek hoop om later vir julle nog 'n bietjie van die geboue en liggies te wys dit is soooooo mooi.
1 comment:
Dit is hartseer dat ons mooi land nie meer 'n spesiale dag het wat ons met soveel fanfare en trots vier nie. Ek onthou met heimweë die Republiekfeesvieringe. Dankie vir mooi fotos. Charmaine
Post a Comment