




Dit was regtig 'n lekker trippie en ek hoop julle het geniet om dit saam met my te doen.
Dit was regtig 'n lekker trippie en ek hoop julle het geniet om dit saam met my te doen.
Die produkte wat hier verkoop word is alles tradisioneel en deur die vrouens by die Womans Craft Market gemaak. Amelia eye een van die strooi houers met die dekseltjies vir 'n tradisionele hoekie by haar huis hier.
Die Cultural Foundation het die oulikste "bont" restaurant met 'n baie billike spyskaart. Al trick is vir die item om wel beskikbaar te wees die dag. Mens kan nogal baie pret hê om te bestel. Hoenderbroodjie - "sorry not available today", Kaasbroodjie - " sorry not available today" en so gaan jy aan totdat jy verplig is om die tuna broodjie te bestel want dis al wat oor is. Hier is 'n hoekie in die restaurant.
Weet nie vir wie mens kos maak in sulke klein potte nie, maar ek dink dit sou handig op 'n Voortrekkerkamp gebruik kon word.
Dis ook die een plek in die dorp wat mens plante kan koop. Ons sal seker weer moet kom want weens die hitte was al wat Amelia gesê het: "Ja ek kan plante hier kom koop, maar in die winter ok"
Anderkant van die Iranian Mark kry mens die Al Dhafra restaurant wat uitkyk oor 'n hawe. Hier eet mens tradisionele kos en dis 'n baie oulike en gewilde plek om kuiermense heen te bring.
Van die vissersbote wat hier vasgemeer is. Dis 'n regte vissershawe en dit ruikkkkk!!!
Die mense leef op die bote en lyk asof Saterdag dalkies wasdag in Al Dhafra bootgebied is.
Ons is nou amper aan die einde van die toer, nog net die middagete ...
Pa moet seker maak hy het genoeg sodat ons Studio R se sale kan gaan bekyk
Nelmari kyk en kyk en kyk vir 'n skoen in haar nommer
James dis jou swakpunt ons weet - verlang jy na Studio R? Hulle maak nou toe. Kyk skoene!!!
Vergeet van Elvis se blue suede shoes check myne!!
Ek het seker nog nie iemand anders teegekom wat sulke "weird" skoen smaak soos William het nie. Ook nooit gedink ek sal vir een van my seuns, geel en swart check skoene hoef te koop nie.... William is egter gemaklik daarmee en hou daarvan om 'n "statement" te maak met wat hy dra en gelukkig is dit net skoene...
Ek moet darem noem dat die koek met gerolde goud versier is. Waaroor sal Amelia so lag wonder ek? Waar is daai kierie ... tug is nodig!!!
Ons is oppad en hier is die fontein van die ander kant.
Die paleis met sy mooi grasperke.
Ons besoek nou die Ou Wit Kasteel. Hierdie is die moskee voor kasteel.
Die ou Wit Kasteel was vroeer jare teen die see. Hulle het nie die kasteel nou agtertoe geskuif nie, die see is net so drooggelê. Hierdie kasteel het 'n ou toring waar destyds die heersende familie se vlag gewaai het. As jy die "land" wou heers, moes jy die kasteel beman.... Dit was bietjie warm om weer binne te gaan kyk maar dis pragtig. Jammer dat hulle nie regtig die plek restoreer nie. Met 'n land wat nog jonk is, dink mens mos nog nie daaraan voordat dit amper te laat is nie.
Amelia loer "oor die onderdeur" van die kasteel se hek. Kyk daai mooi teels aan die bokant.
Daar op die linkerkant steek 'n deel van die ou oorspronklike toring uit. Daar was altyd 'n klomp bome rondom die kasteel en hoekom hulle dit nou moes uithaal sal net die Arabiere weet.
In dieselfde blok is die Cultural Foundation. Hier het ek vir julle die kamele op 'n keer gewys. Meeste van hulle is nou weg, net 'n verdwaalde een hier en daar. Die gebou wat agter uitsteek met die bal op, is die kantore waar Eddie werk .... Etisalat (Eddie-se-lat).
Kyk hierdie klein "skippie" se patio waar mens lekker in die son kan lê by die water of is dit sy "garage" want ek sien 'n klein bootjie binne?
Die oue saam met die nuwes. Twee dhows lê tussen die moderne bote.
Ons is nou oppad Emirates palace toe. Sien die klein hotel in die verte ...
Kom ons wil ry en gaan teedrink .... dis warm!!!!
More uiteindelik die Emirates Palace Hotel wat ek soveel keer al belowe het.