Tuesday, July 17

Hoe groot is groot?

Julle sal onthou met James se verjaarsdag het ek die foto hier onder gewys en belowe dat ek meer oor die klein trokkie sal vertel. Weereens foto's met William se foon.

Oppad Liwa toe (woestynwêreld) sien mens 'n piramide wat glad nie hier tuishoort nie. Dis die motorversameling/motormuseum van die Reenboog Sheikh (Sheikh Hamad bin Al Nahyan). Soos alles hier moet dit altyd groter as enigiets anders wees. Hierdie Dogde Power Wagon is 'n 4x skaal grote as die regte ding. Alhoewel mens nie binne kan kyk nie, word daar gesê dat hierdie motorhuis 4 slaapkamers, 6 badkamers, a kombuis en sitkamer het, wat dit die grootste motorhuis ter wêreld maak. By die ingang van die museum is hierdie groot Landrover wat eintlik 'n kafee is.
William wat 1,90 m is, lyk klein teen die jeep se "spaarwiel".Weerskante van die wiel sal julle die ingang van die winkel sien.
Arina kan reg in die middel van die wiel inklim en uitloer.
Binne die Landrover lyk dit so. 'n Regte twak en toonnaels winkeltjie maar mens kan darem lekker koel koeldrank en roomys en water hier koop.
Hierdie kameel is net gewone grootte en al ding waarop daar gery kan word by die motormuseum, die motors is te groot.
Hierdie ou het ernstig sy nek gekrap. Seker seer van al die opkyk na die groot motors.

Een van die Sheikh se 7 woestyn Mercedes wat spesiaal vir hom gemaak is. Groot genoeg dat William met gemak op die wiel kan sit. Wonder is daardie drom vir 'n olie lek?
Hierdie aardbol is 'n karavaan wat veronderstel is om deur een van die groot voertuie getrek te word. Amptelik is dit die grootste "trailer" en in die Guinness Book of World Records. Hierdie aardbol het agt slaapkamers en nege badkamers. Vir wat sal ek vra?










No comments: