Sunday, July 29

Nuus van die "dorp" - Waar hou dit op?

Op 512.1 meter (1,680 vt) het die Burj Dubai hierdie week die wêreldse hoogste gebou geword en nog steeds weet niemand behalwe die boukontrakteurs wat die finale aantal vloere gaan wees.
In September 2004 begin hulle die fondasie gooi en in Junie 2006 was 50 vloere klaar. In Januarie 2007 bereik hulle vloer 100 en gedurende Maart 2007 was die Burj Dubai die hoogste gebou in die Middel Ooste en Europa.




Maar hulle stop nie daar nie want in April vanjaar bereik hulle 120 vloere wat 'n rekord is vir meer vloere as enige ander gebou en gedurende Mei met 130 vlakke, was hulle die tweede hoogste gebou in die wêreld.
Verlede Saterdag met 141 vlakke was dit amptelik die hoogste gebou ter wêreld en nog is dit nie die einde nie.




No comments: